Nust se visekanselier, dr. Erold Naomab, en Napwu se adjunk- algemene sekretaris, Matheus Ndeshikeya. Foto NUST
Nust se visekanselier, dr. Erold Naomab, en Napwu se adjunk- algemene sekretaris, Matheus Ndeshikeya. Foto NUST

Nust-werkers kry verhoging van 7%

Augetto Graig
Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) het met die Namibiese Unie vir Staatsdienswerkers (Napwu) en die Onderwysersunie van Namibië (TUN) ooreengekom oor salarisverhogings.

Napwu het administratiewe werkers verteenwoordig, terwyl TUN namens die akademici aan die maande lange onderhandeling deelgeneem het.

Die finale uitslag, wat verlede week bekend gemaak is, bied aan Nust-werknemers ’n salarisverhoging van 7%, terwyl die universiteit se uitvoerende bestuur elk ’n 4,9%-verhoging toegestaan is. Spesifieke vlakke binne die graderingstelsel ontvang ook ’n vervoertoelaag, volgens Nust.

Die universiteit se visekanselier, dr. Erold Naomab, het verlede week gesê: “Hierdie aanpassing wys ons volgehoue ??toewyding om erkenning te gee aan die harde werk wat ons werknemers doen, ’n bydrae wat noodsaaklik is tot die sukses van ons instelling.

“Ek moedig die werknemers aan om hulle verdienste oordeelkundig te bestee.”

Napwu se adjunk- algemene sekretaris, Matheus Ndeshikeya, het gesê die onderhandeling is in ’n rekordtyd afgehandel, vanaf April tot nou, wat daarop dui dat alle betrokkenes in goeie gees deelgeneem het.

“Ons het deursigtig in ons benadering geword, en dit dui daarop dat ons verhouding ryp geword het. Ons beoog ook om te verseker dat ons produktiwiteit aan ons eis voldoen,” sê hy.

Drs. Gabriel Nhinda en Theresia Mushaandja het die onderwyspersoneel namens TUN verteenwoordig en volgens hulle was dit nie maklik om oor die verhoging ooreen te kom nie, veral as die moeilike ekonomiese omstandighede wat die land in die gesig staar in ag geneem word. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 19° | 28° Gobabis: 20° | 25° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 20° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 29° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 29° Lubumbashi: 18° | 20° Mbabane: 19° | 30° Maseru: 17° | 19° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 26° | 40° Windhoek: 19° | 28° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 24° Dar es Salaam: 25° | 29° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!