Kirchen
Kirchen

Nuwe kombuis vir Primêre Skool Noasanabis

STAFF REPORTER
Nuusredaksie – Headspring Investments, ’n filiaal van Uranium One, het ’n moderne kombuis aan die Noasanabis Primêre Skool in Leonardville geskenk.

Die skenking is ter ondersteuning van die skool se voedingskema wat in 2022 van stapel gestuur is met die doel om sowat 685 kinders van een daaglikse maaltyd te voorsien.

Volgens Headspring se woordvoerder, Riaan van Rooyen, het hulle opgemerk dat die leerlinge se kos in swart potte oor oop vure voorberei word, wat ’n onvoldoende en onveilige metode is.

In reaksie hierop het hulle besluit om ’n kombuis van sowat N$3 miljoen vir die skool te bou.

Die koste sluit die konstruksie, toerusting en toebehore in en is bykomend tot die N$405 000 wat reeds jaarliks aan die voedingsprogram bestee word.

“Dit gaan nie oor die geld wat belê word nie, maar dat hierdie kombuis, saam met die voedingskema, sal verseker dat die leerlinge op hul onderrig kan konsentreer, aangesien ’n honger kind nie by die skool kan konsentreer nie. Die kos kan nou op ’n veilige en higiëniese manier voorberei word.”

SKOOLBYWONING

Die skoolhoof, Alfons Hiurika, het gesê hulle het opgemerk dat die voedingskema ’n positiewe impak op skoolbywoning het.

“Talle van die kinders woon skool by aangesien hulle verseker is van een gebalanseerde maaltyd per dag. Sedert Headspring Investments met die voedingskema begin het, het ons getalle vir skoolbywoning gestyg en dit is ’n baie goeie verwikkeling vir ons gemeenskap.”

Sowat tien ouers begin reeds soggens vroeg om die kos voor te berei om seker te maak dat die kos omstreeks 09:30 gereed is, wanneer die kleiner kinders bedien word. Die groter kinders word omstreeks 11:00 bedien.

URANIUM ONE

Die direkteur van Headspring Investments, Kirill Egorov-Kirillov, het verduidelik dat Rosatom – die moedermaatskappy van Uranium One en Headspring Investments – die opheffing van gemeenskappe prioritiseer.

“Hoewel ons bedrywighede tydelik opgeskort is, gaan ons voort om te belê in die gemeenskappe waar ons bedrywighede geleë is.

“Sou ons toegelaat word om voort te gaan om te werk en ons belegging van N$900 miljoen te verhaal, sal die ondersteuning aan die gemeenskappe, sowel as die ekonomiese groei in die Omahekestreek en selfs die hele Namibië, fenomenaal wees. Maar vir eers is ons opgewonde en geëerd om hierdie kombuis aan die skool te skenk,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!