Stakeholders in the ministry of education at the announcement of the commencement of the new education act.
Photo: JEMIMAH NDEBELE
Stakeholders in the ministry of education at the announcement of the commencement of the new education act. Photo: JEMIMAH NDEBELE

Nuwe onderwyswet tree in werking

Einde van ontgroeningspraktyke
Die ouderdom vir die verpligte bywoning van skool is van 16 tot 18 jaar verhoog.
Henriette Lamprecht
Jemimah Ndebele - Die gewysigde wet op basiese onderwys wat amptelik op 5 Oktober in werking getree het, maak onder meer met die hulp van wetlike vrystellings ’n einde aan nievrywillige bydraes van ouers asook ontgroeningspraktyke.

Die gewysigde wet takel nie net basiese onderwys nie, maar ook volwasse en lewenslange onderrig. Sleutelveranderings volgens die minister van onderwys, kuns en kultuur, Anna Nghipondoka, sluit in die ouderdom van verpligte bywoning van skool van 16 tot 18 jaar en verskaf spesifieke bepalings vir die regte van leerlinge om onder sekere omstandighede skole te wissel.

“Dit lê sterk klem op die voorkoming en bestuur van swangerskappe onder leerlinge en ’n veilige en gesonde skoolomgewing wat insluit skoolgesondheidsdienste en die basiese standaarde vir skole en koshuise,” het Nghipondoka gesê.

Volgens die direkteur van programme en kwaliteit, Ayesha Wentworth, takel die nuwe wet finansiële struikelblokke tot onderwys en bring dit in lyn met die verbintenis tot inklusiwiteit en toeganklikheid vir almal.

Die gewysigde wet volg ná omvattende konsultasies wat oraloor die land met die ondersteuning van die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) in 2015 en 2016 gevoer is en wat op ֹ’n beduidende behoefte vir hervorming gedui het.

Ten spyte van die amptelike dokument wat nog nie formeel bekendgestel is nie, beoog die ministerie om omvattende inligting hieroor te versprei. Dié inisiatief fokus op die aktiewe deelname en begrip van Jan Publiek oor wat presies die gewysigde wet behels.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!