Nuwe skoolhoof ‘soek verandering’
Uitvoerende direkteur ondersteun ingryings
Sewe-en-veertig leerlinge aan die People's Primary School in Windhoek is vir twee dae geskors om ouerbetrokkenheid af te dwing.
Verlede week se tydelike skorsing van 47 leerlinge by die People’s Primary School (PPS) in die hartjie van Katutura, het ouers ontstel.
Die skoolhoof, Elsandra Skrywer, het Donderdag en Vrydag, eers met die ouers van die graad 4- en 5-leerlinge, en Vrydag met dié van die graad 6 en 7-leerlinge vergader oor die buitengewone en drastiese ingrypings wat sy geneem het.
Sy het reeds op 3 September in ’n brief aan die ouers uitgebrei oor die skorsings.
Boeke wat nie oorgetrek is nie, huiswerk wat nie gedoen is nie, handboeke en skoolmateriaal wat weg is en ook ’n algemene onproduktiewe benadering tot die erns van skoolonderrig onder die kinders, het haar genoop om die stappe te neem.
Een ouer wat Vrydag se vergadering bygewoon het, ondersteun die skoolhoof se optrede en sê ouers moet ook verantwoordelikheid neem vir hul kinders se houding teenoor onderrig.
Die skorsings is opgehef en die skoolgemeenskap is nou meer toegewyd daaraan om omstandighede by dié belangrike stedelike skool te verbeter, brei hy uit.
Skrywer het navrae na die ministerie van onderwys, kuns en kultuur verwys.
Die uitvoerende direkteur van die ministerie, Sanet Steenkamp, het Skrywer se optrede ten sterkste geregverdig.
“Sy is nuut aangestel (sowat ’n maand gelede) en sy soek verandering. Ons kry nie die nodige ondersteuning van die ouers nie.
“Die rol en funksie van ouers in onderwys is uiters belangrik,” volgens Steenkamp.
Sy beklemtoon dat die kinders nie geskors is nie, maar eerder huis toe gestuur is om hul ouers in te lig om die skool te besoek.
Uit die 47 betrokke kinders het 41 se ouers reeds die volgende dag kom navraag doen, sê sy.
Nuwe skoolbestuur moet altyd ’n verhouding met die ouers en die skoolgemeenskap bou, sê die uitvoerende direkteur.
“Daar is drie dinge wat die skool in plek het. Daar is ’n gedragskode wat van toepassing is op leerlinge en onderwysers. Daar is ’n werkende skoolraad en ’n dissiplinêre komitee.
“Volgens die wet mag die skoolhoof leerlinge skors, voor of ná ’n ondersoek na wangedrag. Was dit drasties en buitengewoon? Ja, maar dit het die ouers na die skool laat kom,” sê sy.
Die kwessie gaan meestal oor handboeke en leermateriaal wat weg is.
“Hoe is die kinders veronderstel om daarsonder vir die einde van die jaar voor te berei? Ek is trots op haar [skoolhoof] want sy het eerstens die situasie beoordeel.
“Sy het van klas tot klas besoek afgelê om self te sien wat kort en sy het nou saam met die voorsitter van die skoolraad gewerk,” sê Steenkamp.
Steenkamp noem as ’n voorbeeld van een van die betrokke skoolkinders wat met ’n onderwyser baklei het, en wie se ouer onbeskof en verdedigend was, eerder as om die verantwoordelikheid te aanvaar om beter gedrag en dissipline by die kind te bevorder.
Sy verwys na die gewysigde Wet op Basiese Onderwys no. 3 van 2020.
Gehalte-onderwys het ’n diep gevoel van begrip, verdraagsaamheid, samehorigheid en respek tussen ouers en onderwysers nodig, voer sy aan.
Die wet verwys ook spesifiek na dissipline onder leerlinge, en verwys in artikel 17, subartikel 2, na ouers en hul rol, sê Steenkamp.
“Ouers het die eerste verantwoordelikheid om hul kinders te motiveer en goeie gedrag en dissipline aan te kweek,” sê sy.
PPS-ouers het nou ’n kans om die middeltermyn-breek vanaf 6 tot 13 September te gebruik om dinge reg te stel en die nodige boeke aan te skaf, sê sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie