Onderrigboekies weer beskikbaar
Die African Child Development Trust (ACDT) is toegewyd tot die verskaffing van opvoedkundige boekies wat in lyn met die Namibiese kurrikulum vir preprimêre, graad 1-, graad 2- en graad 3-leerlinge is.
Onderwysers van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het elke boekie sorgvuldig saamgestel en die inhoud is aangepas volgens die spesifieke behoeftes en vereistes wat die kurrikulum stipuleer.
Die onderrigmateriaal word deeglik bestudeer voor vakbeamptes van die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling (Nied) goedkeuring kan gee.
Hierdie toewyding tot opvoedkundige akkuraatheid en gehalteversekering verseker dat leerlinge leerhulpbronne ontvang wat nié net relevant is nie, maar ook van die hoogste gehalte is, wat hulle op hul opvoedkundige reis bemagtig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie