Onderwys moet verander
Nasionale verklaring van toewyding
Die wêreld ervaar tans 'n globale krisis wat miljoene kinders van hul reg tot gehalte-onderrig ontneem.
Die dringende behoefte vir die algehele verandering in onderwys word al hoe meer duidelik veral in die lig van die Covid-19-pandemie wat onderrig ontwrig en ongelykhede in dié sektor verhoog het.
Volgens die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, ervaar die wêreld tans ’n globale krisis wat miljoene kinders van hul reg tot gehalte-onderrig ontneem.
“Ek erken die situasie in ons land is uniek en word deur ons plaaslike inhoud gevorm, maar ons woon in ’n ‘globale nedersetting’ en daar word van ons vereis om globaal op die transformasie van onderwys te reageer,” het sy gesê.
Nghipondoka was aan die woord tydens konsultasies in Khomas in aanloop tot die nasionale onderwyskonferensie later vanjaar sowel as die Verenigde Nasies se (UN)Transforming Education Summit (TES) wat in September tydens die VN se Algemene Vergadering plaasvind. Laasgenoemde het ten doel om oplossings en solidariteit te mobiliseer om onderwys op verskeie vlakke te verander, maar ook voorraad te neem van verliese wat weens die Covid-19-pandemie gely is.
Die doel is ook om ’n omvattende verslag oor Namibiese onderwys saam te stel. Volgens Nghipondoka bied die proses – in aanloop tot September – die ministerie die geleentheid om “onderwys as middelpunt van die politieke debat” te plaas.
TES is gebaseer op vyf tematiese spore wat ook tydens die plaaslike konsultasies in oorweging gebring word. Dit sluit in inklusiewe, toeganklike, veilige en gesonde skole; lewens- en werksvaardighede; digitale onderrig; onderwysers en onderrig sowel as die finansiering van onderwys.
Bogenoemde het volgens die minister ten doel om die fokus op gebiede te plaas wat meer aandag en optrede vereis en wat vooruitgang op die gebied van onderwys kan versnel. Elke tema sal medebestuur word deur twee lidlande en een rolspeler, met ’n span van die VN wat omvattende ondersteuning sal bied.
Namibië en Italië is verantwoordelik vir inklusiewe en veilige skole.
Nghipondoka het die hoop uitgespreek dat die landswye konsultasieprosesse sal lei tot die samestelling van ’n nasionale verklaring van toewyding wat sleuteloptrede vir die transformasie van onderwys in die land sal bevat.
Vrae waarop duidelike antwoorde gevind moet word, sluit volgens die minister in watter geteikende optrede is geïdentifiseer vir die volle herstel van ontwrigtings wat in die sektor weens Covid-19 veroorsaak is. Ook wat is moontlike maatreëls om die openbare finansiering van onderwys doeltreffend, voldoende en volhoubaar te maak.
Die nasionale onderwyskonferensie vind in Augustus plaas, nadat die vorige een in 2011 plaasgevind en op die hervorming en verbetering van die sektor gefokus het. Meer as ’n duisend deelnemers uit al die streke van die land het dié konferensie bygewoon en het onder meer onderwyskenners, tradisionele en godsdienstige leiers, nieregeringsorganisasies, leerlinge, studente en ook onderwysers ingesluit wat verskeie vlakke van bestuur en implementering verteenwoordig het.
Nghipondoka sê dit is daarom kritiek om vooruitgang te bepaal deur vas te stel of doelstellings bereik is wat na afloop van die konferensie saamgestel is.
Sy het verwys na die onlangs voltooide omvattende hervorming van die leerplan wat die herstrukturering van skoolfases en die herinstelling van beroepsgerigte tegniese vakke insluit. Die konferensie in Augustus sal daarom onder meer fokus op die bepaling van tot in watter mate die hervormde leerplan implementeer is.
Volgens die minister sal daar ook gefokus word op die ontwikkeling van ’n algemene en gedeelde begrip van gratis onderrig in die Namibiese konteks en met betrekking tot uitdagings en geleenthede, sowel as die vertolking van beleidsrigting. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie