Onderwys: ’n Lewenslange les

Toegewyd tot die ontwikkeling van jong verstande
Danksy die ACDT-onderwysprojek se aanlyn lesse het kinders in landelike gebiede ook nou toegang tot gedrukte en oudiovisuele leermateriaal.
Yochanaan Coetzee
Baie min beroepe verg dieselfde vlak van persoonlike- en professionele toewyding as onderwys. Die insette, empatie, opofferings en veilige ruimtes wat onderwysers, tutors, opvoedkundiges, arbeidsterapeute, afrigters en versorgers aan onderwys moet bied, kan nie gekwantifiseer word nie.

Die ure van voorbereiding, assessering en hulp – selfs soms in leerders se eie huise – word dikwels deur hul eie ervarings in klaskamers, koshuise en ja, hutte, beproef.

Hulle opofferings kan nie geïgnoreer word nie.

LEER IS LIEFDE

“Ek kan myself nie enigiets anders sien doen nie,” sê me. Mutsa Ella Pazvakavambwa. Sy is die hoofonderwyser van die African Child Development Trust (ACDT)-onderwysprojek se aanlyn reeks, Zoshy.

“Ek wou eintlik ‘n prokureur word, maar vir my gesin om genoeg tyd te hê om die studiegelde reg te kry, het ek ‘n oorbruggingsjaar gevat en as ‘n graad 1-onderwyser begin werk,” het sy verduidelik.

Sy het gou besef om jong verstande te vorm is meer lonend as wat sy sou kon dink, en gelukkig was haar ouers verheug om te hoor dat sy hierdie onbaatsugtige maar ongelooflik lonende loopbaanpad wou aanpak, aangesien sy deel is van ‘n familie met vier generasies wat diep wortels in die onderwysbedryf het.

“Omdat ek ‘n assistent-onderwyser vir ‘n nuwe gr. 1-klas was, moes ek nou die onderrigproses vanuit ‘n onderwyser se oogpunt aanskou.

“Daar was geen ander plek waar ek wou wees nie. Daar het ek geleer as jy ‘n loopbaan wil hê, moet jy iets doen waarvoor jy lief is – dit sal binnekort ’n lewenswyse word en nie net ‘n beroep nie,” vertel sy.

“’n Mens kan dit nie beskryf nie.”

TOEWYDING TROEF DILEMMAS

“Selfs voor Covid het baie van ons onsself afgevra hoe ons almal in ‘n samelewing met soveel maatskaplike ongelykhede kan bereik.

“Ons sê: ‘Onderwys vir almal’, maar is dit werklik die werklikheid vir landelike sentrums?” vra sy.

“Ons wil ‘n nasie van uitnemendheid bou, so toe hierdie projek van stapel gestuur is, was ek opgewonde dat ons kinders nou op ‘n gelyke platform kan plaas en ‘n gelyke geleentheid kan bied aan diegene wat voorheen minder toegang tot gedrukte en oudiovisuele leermateriaal gehad het.”

Nadat hulle honderde ure daarin belê het om aanlyn onderrigmateriaal saam te stel, vind sy en kollegas in dié aspek van die projek steeds hul nuwe werksmetode uiters lonend; met die wete dat hulle hul deel doen om al die hardwerkende opvoeders te ondersteun wat hulself daartoe verbind het om die toekoms van die land en hul streke te help bou.

Om toegang tot hierdie opvoedkundige hulpbronne te verkry, besoek Zoshy.com en hou Namibia Media Holdings (NMH) se mediaplatforms dop vir meer inligting.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!