EDUCATION
EDUCATION

Onderwys sedert 2015 op 'afdraande pad'

Henriette Lamprecht
Jemima Beukes - Die stand van onderwys in Namibië is reeds sedert 2015 op die afdraande pad.

Die agterstand in die aanbou van klaskamers het toegeneem en die aantal leerlinge het aanhoudend gegroei, terwyl die finansiële toekenning vir die ontwikkelingsbegroting gekrimp het.

Die behoefte aan infrastruktuur in die openbare sektor het reeds tot meer as N$10 miljard op die langtermyn gegroei. Vir die huidige finansiële jaar het die ministerie van finansies net N$213 miljoen aan die ministerie van onderwys toegeken vir die konstruksie van klaskamers en die herstel van vervalle skole.

Die minister van onderwys, kuns en kultuur, Anna Nghipondoka, sê die ministerie het ’n volledige plan ontwikkel vir die implementering van die nuwe leerplan en wat insluit beroepsgerigte vakke. Toe dié plan geïmplementeer moes word, het die geld daarvoor egter reeds minder geraak.

“Die leerplan is goed, maar implementering is ’n uitdaging en hulpbronne is onvoldoende. Ons sê die ministerie erken dit, die behoefte hou aan groei en ons sien daar is geen ewewig tussen die groei van die leerlingbevolking en die geld wat toegeken word nie,” het Nghipondoka gesê. Laasgenoemde het gelei tot die Versnelde Ontwikkelingsplan vir Infrastruktuur.

“Die ministerie sien die tekort aan klaskamers as ’n dringende behoefte, maar dit is nie ’n korttermyn-kwessie nie. Hierdie N$213 miljoen sal die ministerie in staat stel om ’n bykomende 510 klaskamers en 70 ablusiegeriewe vir dié finansiële jaar te bou. Die ministerie is ook deur middel van sy Vriende van Onderwys, soos die MTC en ander ontwikkelingsvennote veral ambassades ook besig om nog klaskamers in veral landelike gebiede te bou.”

Volgens Nghipondoka is Namibië se tekort aan hulpbronne nie uniek nie en is dit ’n globale krisis. Die regering kan ook nie alleen vir die oplossing verantwoordelik wees nie.

Die minister sê haar ministerie ondersoek nou ander maniere om finansiële ondersteuning te vind. Dit sluit in ontmoetings met verskeie semistaatsinstellings, die ministeries van myne en energie en visserye om te verseker die land se hulpbronne word gebruik om die ministerie te help.

“Ons is reeds besig om te vergader en nuwe moontlikhede te ondersoek om die ministerie te help met die hervorming van ons onderwys. Selfs parlementslede, kom ons gaan uit, dit is ons kinders en ons regering. Nader maatskappye en sê daar word onderrig aan kinders in ’n tent gegee, kom help ons.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!