Onderwys skiet ver tekort
Ernstige tekort aan krag, water en infrastruktuur
Die ondersoek na die stand van onderwys het gevind die regering het 'die kar voor die perde gespan' met die uitrol van die nasionale leerplan.
'n Swapo-verteenwoordiger in die nasionale raad sê die staande komitee vir die ondersoek na onderwys in die land het bevind die regering het die kar voor die perde gespan met die hersiening van die nasionale leerplan. Dié prentjie word verder verdonker deur 'n ernstige gebrek aan water, krag en ordentlike infrastruktuur wat 'n ernstige hindernis tot die onderrig van die Namibiese kind is. Likando John Musialela sê min voorbereiding is gedoen en in plek gestel om te verseker genoeg onderwysers is in diens geneem om die drastiese veranderinge te kan hanteer. Laboratoriums, boeke en biblioteke was ook nie in plek voordat die hersiende leerplan in skole uitgerol is nie.
Tydens 'n bespreking van die onderwysbegroting in die nasionale vergadering het Musialela beklemtoon dat die hoë aantal druipelinge die afgelope twee jaar toegeskryf kan word aan gebrek aan professionaliteit en toewyding en nie aan die leerplan nie. Volgens hom word baie kinders ook nie by die huis gedissiplineer nie, omdat hulle uit huise kom waar 'n kind of 'n enkelouer aan die hoof van die huishouding staan. Oorlaaide onderwysers bied ook weinig leiding.
"Die verandering van die sillabus en vakke het 'n groot terugslag veroorsaak. Die leerplan maak dit baie moeilik vir leerlinge om vir hul loopbane voor te berei, omdat die vakke so wyd uit mekaar is. Wanneer 'n leerling in graad 11 is, weet hulle nie watter kursus hulle op tersiêre vlak gaan volg nie. In die verlede het jy teen graad 8 reeds vakke gehad waarop jy gaan fokus. Met die huidige stelsel kry jy 'n leerling met hoë punte in fisiese wetenskap en wiskunde, maar hulle sal eerder vir 'n ander rigting gaan," het hy gesê.
Volgens hom is daar 'n dringende behoefte vir 'n stelsel wat Namibiërs voorberei om kritieke posisies in die land te vul. Musialela sê die bestuur van welvaart en beleggings moet skoolvakke wees om leerlinge in staat te stel om prakties te verstaan hoe om hul lewens en hul loopbane en ook hul aftrede te bestuur.
Hy het 'n vergelyking getref met Westerse lande waar afgetredenes reis en hul geld belê en Namibiërs wat hul aftrede gebruik om te boer en hul pensioen belê in beeste.
"Ons het regtig 'n uitdaging. Die verslag het veral verwys na die aanstelling van onderwysers vir lewensvaardighede. Tydens die onderwyskonferensie in 2011 was daar 'n voorlegging van raadgewers van skoolraadslede wat gevra het vir 'n sielkundige wat ondersteuning aan leerlinge en onderwysers kan bied. Nou is dit 'n onderwyser wat reeds 'n paar vakke moet gee."
Musialela sê groter ondersteuning is nodig in landelike gebiede en in veral by skole wat van die peletonstelsel gebruik maak, onderwysers oorlaai is en leerlinge gevolglik nie kwaliteitonderrig kry nie.
"Dit is onregverdig dat die ministerie van basiese onderwys in die afgelope 34 jaar misluk het. Sommige skole het steeds nie krag nie, ook nie die nabygeleë nedersettings nie. Die oomblik wat die son onder is, kan hulle niks met hul boeke doen nie. Leerlinge moet kerse by die huis gebruik en ons het al gesien hoe hutte afbrand." - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie