Onderwysdirektoraat in Omusati se skuld hoop op
Skuld kosverskaffer N$17 miljoen
Volgens die onderwysdirekteur in die streek is die watertoevoer reeds by verskeie skole en onderwyskantore afgesny.
Enzo Amuele op Okahao - Die onderwysdirektoraat in die Omusatistreek skuld die Outapi-dorpsraad meer as N$700 000.
Dit volgens Benny Eiseb, die onderwysdirekteur in die streek, wat gesê het water is om dié rede by verskeie skole en onderwyskantore afgesny.
Joolokeni Haidula, die woordvoerder van die dorpsraad, het gesê die uitstaande bedrag beloop N$711 654 en die ministerie is ingelig oor moontlike betalingsreëlings.
“Hulle het nooit ’n reëling rondom betalings getref nie, want dit was nie nodig nie. Hulle betaal nadat die begroting toegeken is,” het sy gesê.
Eiseb, wat verlede week by ’n protesaksie by Okahao gepraat het, het gesê die regering het nie geld nie, en daar is niks wat hy omtrent die situasie kan doen nie.
Hy het beklemtoon dat hulle nie hul sekuriteitsmaatskappy en water- en kragrekeninge kan betaal nie.
LEë BELOFTES
“Voor die onafhanklikheidsvieringe het ek vir die presidentskantoor gesê ek kan nie mense toelaat om in die skoolkoshuise te bly nie, want ons het nie geld om vir water en elektrisiteit te betaal nie,” het hy gesê.
Hy is glo belowe dat die situasie opgelos sal word, maar niks is gedoen nie.
Hy het vroeër vanjaar gesê die streek het 300 skole en dat die begroting wat hulle ontvang onvoldoende is om vir die opknappingswerk aan alle skole in die streek voorsiening te maak.
Sy direktoraat het dié boekjaar N$202 miljoen ontvang, vergeleke met N$156 miljoen verlede jaar.
“Ons is steeds nie in staat om Kunene Catering Services, aan wie ons N$17 miljoen skuld, te betaal nie,” het hy gesê.
Die maatskappy verskaf kos aan honderde koshuise in die streek.
AGTERSTALLIG
Piet Mostert, die besturende direkteur van Kunene Catering Services, het in ’n telefoniese onderhoud met ons susterkoerant Namibian Sun gesê die Omusati-onderwysdirektoraat is agter met betalings op hul kontrak.
Hy is meegedeel dat fondse aan die ministerie toegeken is en hulle vandeesweek besig is om fondse aan die streke toe te wys, het hy bygevoeg.
“Dit maak die lewe baie moeilik en verskaffers is verontrief aangesien ons sukkel om hulle betyds te betaal.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie