Onderwyser kry trekpas oor lyfstraf
Leerling 'verneder'
Die graad 7-leerling moes vir meer as 'n uur lank 'n stoel in die lug hou, terwyl hy op sy elmboë geslaan is.
’n Onderwyser (29) van die Primêre Skool Hashiyana in Ongwediva se Ompundja-distrik is uit sy pos ontslaan, nadat hy skuldig bevind is aan lyfstraf in die eerste graad.
Petrus Ndeulita het in 2021 ’n graad 7-leerling gedwing om ’n stoel vir meer as ’n uur bo sy kop te hou as straf.
In ’n brief gedateer 28 Oktober 2021 het die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, Sanet Steenkamp, deur Ndeulita se skoolhoof aan hom geskryf om hom in te lig dat hy van wangedrag aangekla is.
Meer as twee en ’n half jaar later is Ndeulita vroeër vanjaar skuldig bevind en Steenkamp het hom van sy pligte onthef.
Steenkamp het hom in Julie by monde van Ndeulita se waarnemende skoolhoof, Agnes Nghipondoka, ingelig dat die kantoor van die eerste minister sy ontslag uit die staatsdiens op voorstel van die staatsdienskommissie goedgekeur het.
“Jou laaste werksdag is die datum waarop jy hierdie brief ontvang,” het die brief gelui.
In haar brief van 2021 het Steenkamp dit aan Ndeulita duidelik gemaak dat sy genoeg rede het om te glo dat hy hom aan wangedrag skuldig gemaak het. Hy moes toe binne 14 dae ’n geskrewe erkenning of ontkenning van skuld aan die ministerie verskaf.
“Sou ’n geskrewe erkenning of ontkenning nie binne die gespesifiseerde tydperk ontvang word nie, sal bevind word dat hy soos aangekla skuldig aan wangedrag is. “Verdere stappe sal volgens die voorgeskrewe prosedures geneem word,” aldus Steenkamp se brief.
Ndeulita het egter geweier om die brief te teken om ontvang te erken.
Hy het Maandag by navraag gesê hy is getraumatiseer deur die manier waarop alles toe hanteer is en het daarom geweier om die brief te onderteken.
Die skool het gevolglik ’n vergadering op 22 April 2022 gehou waartydens Ndeulita beweer het stappe om hom te ontslaan is sonder ’n dissiplinêre verhoor gedoen. Hy was steeds tot vroeër vandeesmand werksaam by die skool.
Met verwysing na die voorval in 2021 het Steenkamp gesê Ndeulita het versuim om die waardigheid en grondwetlike regte van die leerling te respekteer, hom verneder en mishandel en lyfstraf op hom toegepas.
Sy het sy optrede as skandelik, onbehoorlik en onbetaamlik beskryf wat ’n verleentheid vir die staatsdiens veroorsaak het terwyl hy aan diens was.
Ndeulita het sy optrede verdedig en gesê hy het probeer om die leerling, wat glo gereeld sonder ’n bevredigende rede van die skool afwesig was, te dissiplineer.
Hy het ook ontken dat die kind uiteindelik aan swak gesondheid weens sy strafmetode gelei het.
“As klasonderwyser het ek sy afwesigheid gesien,” het hy gesê en bygevoeg dat die leerling destyds reeds 22 skooldae gemis het.
“Ek het hom uitgevra oor die redes vir sy afwesigheid – sommige was relevant, sommige nie,” het hy gesê.
Ndeulita het verder die voormalige skoolhoof Amon Ndeitwa van ’n heksejag beskuldig.
“Daar was ’n tyd wat ek besluit het om nie skool toe te gaan nie, omdat ek getraumatiseer was. Dit was die tyd toe ek besluit het om nie Steenkamp se brief te teken nie. Die skoolhoof het onderwysers by die skool gemartel,” het hy beweer.
“Dit was net weens jaloesie. Ndeitwa het vir my gesê hy sal my ‘wys’. Hy wou my naam beswadder omdat ek hom uitgedaag het oor die nepotisme by die skool,” het die onderwyser beweer.
Toe hy om kommentaar genader is, het Ndeitwa ontken dat hy daarop “uit is om Ndeulita te kry” en beklemtoon dat onderwysers nie lyfstraf by skole mag toepas nie.
“Ek het hom nie opdrag gegee om enige vorm van aanranding uit te voer nie. Dit was ’n kwaadwillige eerstegraadse aanranding wat tot ’n kind se swak gesondheid gelei het.
“Ndeulita het geen berou getoon deur ’n leerling opdrag te gee om ’n stoel vir ’n uur op te lig terwyl hy die kind op sy elmboë slaan nie. Dit is kwaadwillig.
“Hoe kan dit ’n versinsel wees as daar mediese rekords in hierdie saak is? Ek het geen mag om staatsamptenare van hul pligte te onthef nie,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie