Onderwysprojek bemagtig die jeug
Eerste boekies vir 2024 binnekort beskikbaar
Die onderrigboekies vorm deel van die African Child Development Trust se onderwysprojek vir 2024.
Sharnay Botha – Die eerste onderrigboekies van vanjaar se onderwysprojek is reeds gedruk en sal binnekort gratis beskikbaar wees vir graad 1-, graad 2- en graad 3-leerlinge, asook voorskoolse kinders
Die boekies vorm deel van die African Child Development Trust (ACDT) se onderwysprojek vir 2024. Die boekies sal in Republikein se straatverkope beskikbaar wees, sowel as in die Namibian Sun.
Bykomend sal voorskoolse boekies ook gratis aan sowat 30 000 leerlinge in 500 skole landswyd versprei word en sal in nege tale – Engels, Afrikaans, Oshikwanyama, Oshindonga, Otjiherero, Khoekhoegowab, Silozi, Thimbukushu en Rumanyo – beskikbaar wees.
Elke boekie sal inhoud vir ses weke bevat, gebaseer op die Namibiese kurrikulum van die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling (Nied). ’n Totaal van ses boekies sal per graad versprei word, wat die totale 36 weke van die kurrikulum dek.
Die ACDT het tot op hede meer as 15 miljoen boekies gedruk met die hulp van sy vennoot, Newsprint Namibia. Die boeke word aan meer as 360 000 kinders oraloor Namibië versprei en sy afleweringspan, Logistics Hub Namibia, ry daagliks meer as 11 000 km om al 14 streke te bereik.
Ouers, onderwysers en leerlinge kan ook zoshy.online besoek om aanlyn leermateriaal en video’s te kry en kan ook daaglikse videolesse op NTV (09:30 tot 11:30 Maandag tot Vrydag) op DStv-kanaal 285 en GOtv-kanaal 25 volg.
Die ACDT is uiters dankbaar vir sy vennote en borge wat die projek moontlik maak.
“Ons bedank die Capricorn Foundation, First National Bank, Powerline Africa, en Allan & Gill Gray Philanthropies vir hul ruim skenkings en voortdurende betrokkenheid. Ons bedank ook ons vennote Namibia Media Holdings, die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, Logistics Hub Namibia, Newsprint Namibia, Synergi, MyZone en NTV vir hul hulp om kinders op alle platforms oraloor ons land te bereik.”
Vir meer inligting oor die trust en die onderwysprojek, besoek www.acdtrust.com of navrae kan aan [email protected] gerig word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie