Ouers hou nie by sperdatums vir inskrywings
Waglyste, vertraagde heropening van skole
Die hoë invloei van mense na stedelike gebiede is van die struikelblokke wat maak dat leerlinge nie betyds by skole ingeskryf word nie.
Bevolkingsgroei, die instelling van universele onderrig en die hoë invloei van mense na stedelike gebiede vir beter werksgeleenthede en onderrig, is van die struikelblokke wat veroorsaak dat leerlinge nie betyds by skole ingeskryf word nie.
Ook hou baie ouers nie by die sperdatums vir toelating nie en kry gevolglik nie betyds toelating vir hul kinders nie.
Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, het in die Nasionale Vergadering dit as van die redes uitgesonder hoekom die inskrywings van beide primêre en sekondêre leerlinge telkens aan die begin van die jaar nie sonder probleme verloop nie.
“Ten spyte van bewusmakingsveldtogte oor toelatingsvereistes vir leerlinge deur streekdirektorate en skoolhoofde op verskeie media platforms, maak dié uitdagings elke keer die gladde verloop van skoolinskrywings onmoontlik. Dit lei dat die heropening van skole vertraag word en talle leerlinge wat op waglyse geplaas moet word,” het die minister gesê.
Sy het verduidelik die ministerie reik jaarliks ’n inligtingsbrief aan streekdirekteure, inspekteurs, skoolhoofde en ouers uit oor toelatingsvereistes vir preprimêr, grade 1, 8, 10 en gevorderde vlak (AS).
Vanjaar is al die leerlinge van preprimêr tot graad 10 suksesvol in die skoolstelsel ingeskryf, terwyl die toelating vir AS-vlak nog voortduur.
Met verwysing na die aankoop van meubels vir skole, het Nghipondoka gesê die ministerie het N$30,5 miljoen hiervoor vir die huidige finansiële jaar begroot.
Al 14 streke is besig met die aankoop van skoolmeubels, wat lessenaars, stoele, beddens, matrasse, sowel as eettafels en -banke insluit.
In ||Kharas waar ’n groot tekort ondervind word, is die bestellings van meubels waaronder beddens en sluitkassies volgens die minister gereed. In Kavango-Oos is bestellings aan diensverskaffers uitgereik vir meubels ter waarde van N$6,89 miljoen.
In Kavango-Wes het die tender vir skoolmeubels op 7 Februarie gesluit en is die evaluering en toekenning van die tender aan die gang en word die meubels eersdaags in die streek verwag.
In Erongo is bestellings reeds geplaas vir aankope ter waarde van N$3,84 miljoen. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie