Papierstorting: CoW tree vinnig op

Ou vraestelle onder meer gestort
Die skuldiges het verby 'n aangewese stortingsterrein in die Kupferberg-omgewing gery en die dokumente 'onverskillig' by 'n ander ligging gestort, het 'n ooggetuie gesê.
Iréne-Mari van der Walt
Elizabeth Kheibes - ’n Voetganger het verlede week in Windhoek se Agtste Laan gesien hoe ongeïdentifiseerde individue duisende dokumente van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur in ’n ongemagtigde ligging stort.

Die dokumente het onder meer ou vraestelle en curriculum vitaes ingesluit.

Die ministerie se uitvoerende direkteur, Sanet Steenkamp, het bevestig dat die foto’s en video’s wat Republikein se susterkoerant Namibian Sun aan haar gestuur het, verskeie persoonlike en amptelike dokumente van die ministerie bevat wat onregmatig weggegooi is.

“Dit is wel van die ministerie, spesifiek die eksamendirektoraat. Ek het sedertdien duidelike instruksies gegee dat hulle die dokumente moet terugkry en dit op die regte manier moet herwin,” het Steenkamp gesê.

“Sommige items word gewoonlik vir argiefdoeleindes gehou, en in hierdie geval glo ek dat iemand nie gedoen het wat van hulle verwag is nie. Ons vra om verskoning hiervoor,” het sy bygevoeg.

AGGRESSIEF

Volgens die ooggetuie het die skuldiges verby ’n aangewese stortingsterrein in die Kupferberg-omgewing gery en die dokumente “onverskillig” by ’n ander ligging gestort.

“Ek het die private voertuig genader en probeer om die mans oor die storting uit te vra, maar dit het eerder tot aggressiewe reaksies gelei,” het die ooggetuie gesê.

“Ek het foto’s en video’s begin neem wat ek van plan was om te deel om hulp te kry om die omgewing op te ruim,” het die bron, slegs bekend as Ruben, verduidelik.

SPOEDIGE OPTREDE

Beamptes van Stad Windhoek (CoW), wat toegang tot die foto’s en video gekry het, het die bestuurder later opgespoor aangesien die voertuig se registrasienommer in die foto’s sigbaar was en die saak is gevolglik opgelos.

“Ons kon daarin slaag om die dokumente wat onwettig gestort is langs Sam Nujoma-rylaan op pad na Daan Viljoen op te spoor. Aangesien dit papier is wat maklik kan wegwaai, het ons span die omgewing opgeruim,” het die munisipaliteit gesê.

“Ons het ook daarin geslaag om die skuldige deur die voertuig se registrasienommer op te spoor en hy sal met N$1 608 beboet word vir onwettige storting. Dit sal by sy munisipale rekening gevoeg word,” het die CoW se woordvoerder, Lydia Amutenya, gesê.

Amutenya het volgehoue pogings deur die munisipaliteit uitgelig om Windhoek se strate skoon te hou en gesê hulle kan nie onwettige storting van afval duld nie.

“Afval moet behoorlik by ons onderskeie stortingsterreine weggegooi word. Ons het ook afvalherwinnings-inisiatiewe waar hierdie tipe afval herwin kan word,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!