PAS IN: Die Ministerie van Onderwys, Kuns en Kultuur (MoEAC) maak vandag resultate bekend
Vanjaar het 38 019 voltydse kandidate die eksamen vir die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak (NSSCO) afgelê, teenoor die 32 552 kandidate wat dit deeltyds voltooi het. Die voltydse kandidate vir die Nasionale Senior Sertifikaat Gevorderde Vlak (NSSCAS) was 8 624, teenoor die 591 deeltydse kandidate. Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, sal binnekort op Eenhana vanjaar se uitslae amptelik bekend maak. Die uitslae kan regstreeks gevolg word op die Facebookblad van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, sowel as NBC Digital News.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie