Pas in: Herstelfasiliteit vir dokumentasie by Nasionale Argief bekendgestel
Die herstelfasiliteit vir dokumentasie by die Nasionale Argief van Namibië, is vanoggend suksesvol bekendgestel. Vir die openingseremonie het die direkteur verantwoordelik vir argiewe, Gerard Vries, die Ministerie van Onderwys, Kuns en Kultuur (MEAC) verteenwoordig en Herbert Beck, die Duitse ambassadeur in Namibië, het die nuwe fasiliteit bekendgestel, wat die resultaat is van 'n samewerking tussen Namibië en Duitsland. Na die knip van die lint het Antonette Madi en Ndamaian Hangula van die Nasionale Argief oorgeneem en gewys hoe ou dokumente soos kaarte terug uit die tyd toe Namibië nog 'n Duitse kolonie was, kan herstel word. Beide lande poog om hul gedeelde geskiedenis te herbekyk en historiese dokumente te bewaar, asook om dit toeganklik te maak vir die belangstellende publiek. Duitsland het die koste oorgeneem en die personeel opgelei vir die rekord-herstelfasiliteit; dit is die eerste van sy aard in Namibië. Volg die onderstaande link om by 'n videoopname uit te kom. Foto: Julia Dibiasi
https://q.my.na/E5A0
https://q.my.na/E5A0
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie