PAS IN: Jong wetenskapghoeroes vanaand vereer
Die jaarlikse nasionale wetenskapuitstalling eindig vandag by die Safari Hotel in die hoofstad, waar leerlinge met hul beste projekte hoop om vanaand tydens die prysuitdeling vereer te word.
Die uitstalling het Dinsdag begin en is deur die Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie (NCRST) en die ministerie van onderwys, kuns en kultuur gereël en deur Debmarine Namibia geborg.
Meer as ’n honderd wetenskapprojekte ding in elf kategorieë om goud, silwer of brons mee.
Hier brei Eben Mbako (graad 9) van Karibib Privaatskool uit oor sy outomatiese stelsel wat straatligte aanskakel as liggaamshitte deur infrarooisensors opgespoor word. Video: Augetto Graig
Kyk video hier
#RepNuus

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie