PAS IN: NSFAF hou aanlynaansoeke oop tot 10 Februarie
Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het aangekondig dat aanlyn aansoeke tot 10 Februarie sal oop bly.
Dít volg nadat aanlyn aansoeke vanaf 1 Desember tot 31 Januarie oop was.
Die uitvoerende hoof van NSFAF, Kennedy Kandume, het kandidate aangemoedig om vroegtydig om finansiële bystand aansoek te doen om te voorkom dat dié hulpfonds se aansoekstelsel oorweldig word.
"Ons het die aansoektydperk verleng, omdat ons stelsel teen die einde hiervan oorweldig was en nie met die aanvraag kon bybly nie.
“Gedurende Desember en in die eerste twee weke van Januarie was aansoeke traag, maar in die laaste twee weke, en veral die laaste twee dae, was daar geweldige druk op ons stelsel vanweë die aantal aansoeke wat ons moes hanteer," het hy gesê.
#RepNuus

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie