• Tuisblad
  • Onderwys
  • PAS IN: Registrasie vir deeltydse kandidate met 'n week verleng

PAS IN: Registrasie vir deeltydse kandidate met 'n week verleng

Iréne-Mari van der Walt
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê die registrasieperiode vir deeltydse kandidate wat hul punte van laasjaar wil verbeter, is met 'n week verleng. Kandidate wat vir vanjaar se eksamens vir die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat gewone vlak (NSSCO) of gevorderde vlak (NSSCAS) wil registreer, kan dit nog tot 10 Maart doen. Voornemende deeltydse kandidate moet hul identiteitsdokument, jongste uitslagadvies asook bewys van registrasie by die Namibiese Kollege vir Afstandsonderrig (Namcol) of enige ander geakkrediteerde onderrigsentrum toon. Deeltydse kandidate mag slegs vir of NSSCO of NSSCAS vir die jaar registreer en mag ook nie by verskillende onderrigsentrums geregistreer wees nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!