Projek om skole aan die internet te verbind
Honderde skole sonder krag, duisende sonder internet
Unicef se Giga-inisiatief kan Namibië se internettoegang vir leerlinge ondersteun.
Namibië vorder, in samewerking met die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef), om internettoegang in skole landswyd te bevorder.
So het die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, Sanet Steenkamp, Dinsdag by die Internasionale Telekommunikasievereniging (ITU) se hoofkantoor in Genève, Switserland, gesê.
Unicef se Giga-projek is ’n wêreldwye inisiatief wat daarop gemik is om kinders oraloor toegang tot die internet te gee. Die eerste Giga-verbindingsforum het Woensdag tot ’n einde geloop.
Steenkamp het verder gesê Namibië het tans 2 002 skole oraloor die land met minstens 217 wat nie met die nasionale kragnetwerk verbind is nie en dus nie internettoegang het nie.
Sedert Namibië in 2022 besluit het om aan die Giga-inisiatief deel te neem, vorder die eerste fase met die kartering van skole. Tot dusver is 1 946 skole aangeteken, het sy uitgebrei.
Die kartering van die skole is nodig om te bepaal hoeveel van Namibië se 974 207 leerlinge en sowat 31 000 onderwysers het steeds nie toegang tot die internet nie, en om verwarring tussen wat gerapporteer is en die werklike situasie uit die weg te ruim.
Verder is daar ook vordering gemaak met die uitrol van ’n spesiale toepassing wat onmiddellik inligting verskaf oor skole se internetverbinding.
Die inligting word op maps.giga.global vertoon en het Woensdag gewys dat 265 Namibiese skole met ’n gemiddelde aflaaispoed van 35,03 Mbps vir die week van 1 tot 7 Julie verbind is.
Steenkamp sê Namibië geniet sterk politieke steun vir die Giga-inisiatief en ’n sterk wetlike raamwerk om die nodige ingrypings uit te voer.
Sy sê ’n komitee is reeds gestig om samewerking tussen veral haar ministerie, die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie en die ministerie van finansies en staatsondernemings te vergemaklik.
“Ná die kartering van al die land se skole sal ’n ontleding gedoen word van die nodige finansiële hulpbronne om die skole aan die internet te verbind, voor die ministerie van finansies sal moet bepaal waar die geld vandaan gaan kom,” sê Aune Victor, Unicef se onderwysspesialis.
Ander uitdagings vir Namibië wat Steenkamp uitgelig het, sluit in die land se wydverspreide klein bevolking, die lang afstande tussen skole, ou infrastruktuur wat versoenbaarheid belemmer en verouderde dienste wat nie moderne toeganklikheid toelaat nie.
“Ons moet verstaan wat die werklike koste, die finansiële koste daaraan verbonde is, sodat ons eie hulpbronne deur internasionale finansiering gekomplementeer kan word, om ons begrotingstoewysing te optimaliseer, vir hierdie opvoedkundige ingrypings. Ons kan dit nie alleen doen nie,” sê sy.
Steenkamp hou vol: “Hierdie kinders waarvan ons praat, sonder toegang oraloor die wêreld, hulle het drome en potensiaal. Dit is ons taak, as besluitnemers en implementeerders, om te verseker dat ons hulle daardie keuse, daardie stem en daardie geleentheid gee.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie