Saailinge ontkiem en word volwaardige Gimmies
Die ontgroening van gr. 8-leerlinge is ‘n jare lange tradisie en by Gobabis Gymnasium is dit ‘n geleentheid vir die graad agts (saailinge) om te ontpop in die beste, volwasse weergawe van hulself.
Met interessante idees soos Masterchef dag of dae waar jy liedjies kan skryf oor jou senior is dit ‘n pret gevulde leerskool vir nie net die Saailinge nie, maar vir die Matrieks ook. Die Saailinge het elke dag iets nuut oor hulself en hul mede skoliere geleer.
Die eerste deel van die ontgroening was ‘n kamp vir die Saailinge en die prefekte. Die kamp is die eerste naweek van die nuwe skoojaar gehou op ‘n plaas in die omgewing. Tussendeur die PE, hindernisbane en tente wat in die middel van die nag afgeslaan word, was die hele ervaring eintlik vet pret.
Die twee weke na die kamp was waar die pret natuurlik eers begin het. Almal was baie angstig om die seniors te ontmoet, maar die vrees was alles verniet, want die seniors was baie tegemoetkomend en het deur elke stap van die proses seker gemaak die saailinge geniet tog die ervaring en dat daar spangees gebou word.
Aan die einde van die sottery kon almal met trots die klok lui ter inlywing en weet dat hul na harde werk en ‘n lang gewag uiteindelik volwaardige leerders van Gobabis Gymnasium is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie