FOTO ARGIEF
FOTO ARGIEF

Savo Nuts: Sommige se uitslae nietig verklaar

Skuldig aan wanpraktyke in sekere vakke
Die betrokke kandidate mag weer aanstaande jaar met hul onderrig voortgaan, wanneer die 12 maande verstryk het.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die uitslae van sekere kandidate van die Savo Nuts Private Skool in Oshikango word nie weerhou nie, maar is nietig verklaar omdat die betrokke leerlinge aan wanpraktyke in sekere vakke skuldig bevind is. Die uitslae is gevolglik nietig verklaar en die betrokke leerlinge dien tans ‘n straf van 12 maande uit waartydens hulle nie vir die nasionale eksamens vir die nasionale senior sekondêre sertifikaat mag inskryf nie. Volgens die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, mag die betrokke leerlinge weer aanstaande jaar met hul onderrig voortgaan, wanneer die 12 maande verstryk het. Nghipondoka het in die nasionale vergadering op ‘n vraag van op ‘n vraag van Elma Dienda van die Popular Democrative Movement (PDM) oor die toekoms van die leerlinge en die skool gereageer. Volgens die minister kan die betrokke leerlinge hul vakke by enige sentrum van hul keuse herhaal, solank as wat die sentrum by die ministerie geregistreer en goedgekeur is om nasionale eksamens te bestuur. Nghipondoka sê die private skool in die Ohangwenastreek is nie gederegistreer nie. Op die vraag hoe die ministerie gaan verseker daar word nie teen die betrokke leerlinge gediskrimineer wanneer hulle by ander skole wil registreer nie, het die minister beklemtoon hulle kan by enige sentrum met die vereiste dokumentasie registreer.

“Die name van hierdie kandidate is nie deur die ministerie publiek gemaak nie. Die kans op diskriminasie is dus hoogs onwaarskynlik,” het sy gesê.

Nghipondoka het beklemtoon die nasionale senior sekondêre sertifikate is sonder twyfel nasionale kwalifikasies wat wêreldwyd die deure vir verdere studies en werksgeleenthede vir Namibiese leerlinge open.

“Dit dien as die opvoedkundige geldeenheid van hierdie land. Dit is daarom absoluut noodsaaklik dat elke individu wat in hierdie land bly, as Namibiër of buitelander, die integriteit van ons nasionale eksamens en evaluerings moet beskerm,” het die minister gemaan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!