Die ministerie van onderwys sê skenkings aan skole moet vrywillig gegee en behoorlik bereken word. Foto argief/Kenya Kambowe
Die ministerie van onderwys sê skenkings aan skole moet vrywillig gegee en behoorlik bereken word. Foto argief/Kenya Kambowe

Skole moet vrywillige bydraes bereken

Ouers oorweldig deur vrae na skenkings
Gratis onderrig is weer in die kollig met ouers wat toenemende druk van skole vir ekstra bydraes ervaar.
Kenya Kambowe
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het skole daaraan herinner hulle mag nie daarop aandring dat ouers betaal vir bouwerk of sekuriteitsdienste nie. Dié bydraes moet vrywillig gegee en behoorlik bereken word.

Die ministerie se uitvoerende hoof, Sanet Steenkamp het gereageer op ouers se kommer en frustrasie dat hul toenemend finansieel belas word deur skole se eise.

Sommige ontstoke ouers wat verkies het om anoniem te bly, het die Namibiese beginsel van gratis onderrig bevraagteken. Volgens dié ouers word daar gereeld van hulle vereis om onderrigmateriaal vir hul kinders te verskaf, maar moet hulle na bewering ook die koste dek van uitgawes wat onder die staat se verantwoordelikhede behoort te val.

"Ek gee nie om om vir my kinders skryfbehoeftes te koop nie, maar om vereis te word om te betaal vir die oprig van ’n klaskamer, ’n skoolsaal en ’n veiligheidswag is onaanvaarbaar," sê een ouer.

"Wat het geword van gratis onderrig? Skole rapporteer nie eens aan ons hoe die geld spandeer is nie. Wie weet wat met die geld gebeur?"

MINISTERIE

Steenkamp sê dat die ministerie nie skole se vereistes vir bydraes ondersteun nie, aangesien skole begrotings ontvang om hul beplande aktiwiteite te finansier.

"Ons praat geen eise vir betaling vir veiligheidsdienste of die oprig van klaskamers goed nie," het sy gesê.

"Skole kan nie direk vra vir veiligheidsdenste nie. Indien hulle sekuriteit met moderne stelsels wil verbeter, moet dit met ouers bespreek word, en behoorlike notules moet geneem word wat aandui dat bydraes vrywillig is." Steenkamp het bygevoeg dat skole toestemming van die streeksdirekteur moet kry indien hulle sekuriteitstelsels wil verbeter.

DEURSIGTIGHEID

Steenkamp het verder klem gelê op die belanggrikheid van deursigtigheid in die bestuur van skenkings en vrywillige betalings.

"Alle skenkings moet vir deursigtigheid en ouditdoeleindes verklaar word," het sy gesê.

"Skenkers moet ’n brief verskaf wat sê dat hulle skenkings vry en sonder voorwaarde is en die waarde van die skenking moet aangedui word. Skole, deur die kantoor van die uitvoerende direkteur, moet dan die tesourie in kennis stel om die behoorlike papierwerk te verseker."

Sy het verder gesê dat alle skole se rekeninge geoudit word en dat finansiële verklarings ’n vereiste is.

"Die stelsels en prosedures is in plek, selfs vir skenkings soos handboeke, skryfbehoeftes, klere en uniforms," het sy gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 33° Eenhana: 21° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 20° | 32° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 19° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 22° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 25° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 26° | 35° Lüderitz: 16° | 31° Ariamsvlei: 20° | 38° Oranjemund: 14° | 28° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 21° | 36° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 20° | 26° Maseru: 17° | 35° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 18° | 25° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 18° | 27° Harare: 17° | 28° #REF! #REF!