Skole sluit op stemdag

Iréne-Mari van der Walt
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het 27 November – die dag waarop die presidensiële en nasionale vergadering-verkiesings plaasvind – tot ’n skoolvakansiedag verklaar.

Gevolglik sal die laaste skooldag vir leerlinge Vrydag 22 November wees en die laaste skooldag vir onderwysers, skoolpersoneel en koshuispersoneel 6 Desember.

Rapporte moet glo ook teen dié datum aan leerlinge verskaf word. Koshuise sal ook op 27 November sluit.

Die ministerie het in ’n verklaring gesê skole moet die agt skooldae wat van hul kalendar afgetrek word in samewerking met hul skoolgemeenskappe onder toesig van onderwysinspekteurs bestuur.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!