Skole Vrydag gesluit
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het aangekondig skole in die land sal Vrydag gesluit wees as deel van die nasionale routydperk en voorbereidinge vir verrigtinge vir die roudiens en begrafnis van wyle president Hage Geingob die naweek.
Die ministerie het 'n beroep op skole in Windhoek gedoen om groepe van 15 tot 20 leerlinge te identifiseer om hul onderskeie skole in volle uniform by die amptelike optog te verteenwoordig. Die optog begin Vrydag om 15:00. Verdere inligting oor onder meer punte waar leerlinge op- en afgelaai sal word, sal deur Khomas se direkteur van onderwys bekendgemaak word. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie