Foto North Cote Private School website
Foto North Cote Private School website

Skool eis halfmiljoen in lastersaak

Kristien Kruger
Privaatskool Northcote op Oniipa se hofsaak teen die voormalige voorsitter van sy skoolraad, is verlede week by die hoërhof se noordelike afdeling op Oshakati aangehoor.

Die skool beweer dat Benedict Mulife in Julie 2022 in Ondangwa ’n klagskrif geskryf en daarna wyd versprei het. In die hofaansoek eis die skool N$500 000 in skadevergoeding van Mulife en versoek hulle die hof om hom te beveel om die uitlatings terug te trek.

KLAGSKRIF

In die klagskrif het hy glo die skool daarvan beskuldig dat dit nie die kapasiteit het om besluite oor administratiewe kwessies te neem of bekwaam is om kwessies te hanteer nie.

Hy het verder die bewerings gemaak dat die skool 13 van sy onderwysers na bewering onregverdig afgedank het en opsetlik geweier het om van sy werknemers te betaal omdat hul glo by ’n werkersunie aangesluit het.

Die skool ontken hierdie bewerings en voer aan dat dit neerkom op laster.

Mulife het glo ook gewilde plaaslike radiostasies genader om die inligting uit te saai wat in die klagskrif vervat is. Die inligting is ook aan ’n plaaslike dagblad gegee wat dit gepublikseer het.

“Hy het ook die begin van ’n WhatsApp-groep georkestreer wat hy gebruik het om verdere valshede oor die skool te versprei met die uitsluitlike doel om die skool se reputasie skade aan te doen,” beweer die skool in hofstukke.

Die skool voer verder aan dat Mulife se aksies die skool se reputasie en besigheid so ernstig skade aangedoen het, dat hulle vrees die skool kan talle van sy leerlinge aan ander mededingende instellings in die omgewing en elders verloor.

Die skool het vier getuies geroep om tydens die verhoor te getuig en Mulife het drie geroep.

Die skool word deur Samuel Edegware verteenwoordig en Mulife verteenwoordig homself.

Die verhoor het verlede week hervat en voortgeduur tot Vrydag.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 19° | 28° Gobabis: 20° | 25° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 20° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 29° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 29° Lubumbashi: 18° | 20° Mbabane: 19° | 30° Maseru: 17° | 19° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 26° | 40° Windhoek: 19° | 28° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 24° Dar es Salaam: 25° | 29° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!