Skooljaar open môre
Onderwys
Datums vir semesters en skoolvakansies is reeds bekend.
Die amptelike skoolkalender vir 2023 is laat laas jaar deur die ministerie van onderwys, kuns en kultuur uitgestuur en bepaal dat Woensdag 11 Januarie 2023 die eerste amptelike dag is vir leerlinge om by regeringskole aan te meld.
Onderwysers moes reeds Maandag by die werk aanmeld.
Die eerste semester duur tot Maandag, 20 Maart wanneer die eerste vakansie tot 24 Maart afskop. Hierna sal weer op Vrydag 7 April en Maandag 10 April vir leerlinge ’n blaaskansie kom om Paasfees te kan vier. Nog vakansiedae vir 2023 val op 1 Mei tot 5 Mei, op 18 Mei, 19 Mei, 25 Mei en 26 Mei. Die laaste dag van die eerste semester sal Donderdag 15 Junie wees.
Die tweede semester skop op 18 Julie weer af, tot Maandag 11 September wanneer vakansie weer tot 15 September begin. Daarna word internasionale onderwysersdag op 5 Oktober gevier, gevolg deur ’n skoolvakansiedag op 6 Oktober.
Die laaste skooldag vir 2023 sal op 7 Desember val. Dit sal 197 skooldae vir die jaar afsluit. Voorlopig sal volgende jaar se skoolkalender op 15 Januarie afskop.
KOSHUISE
Koshuise open reeds vandag vir leerlinge om in te trek en te oornag voor die jaar se leerplan môre begin. Koshuisleerlinge sal hul eerste naweek tuis weer op Vrydag 3 Februarie kan geniet. Daarna sal koshuisvakansiedae op Maandag 20 Maart tot 24 Maart begin, weer Maandag 1 Mei tot Vrydag 5 Mei, en koshuise sal op Donderdag 15 Junie vir die eerste helfte vir die jaar sluit.
Die tweede helfte van die jaar sal op 17 Julie vir koshuise hervat. Hierna sal leerlinge weer op 25 Augustus mag huisbesoek aflê en vanaf 8 September tot 17 September ook vakansiedae kan geniet. Naweke vir huisbesoeke sluit ook 6 Oktober en 3 November se Vrydae in. Koshuise maak op 7 Desember vir 2023 toe.
Volgende jaar beplan die ministerie om Sondag 14 Januarie 2024 koshuise te open.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie