Sarah Negumbo, director of Namibia Library and Archive Services urges community members to advocate for better library funding.
Sarah Negumbo, director of Namibia Library and Archive Services urges community members to advocate for better library funding.

Staatskole: 90% sonder funksionerende biblioteke

Die direkteur van die Namibië Biblioteek- and Argiefdienste het Woensdag statistiek rakende biblioteke in staatskole bekend gemaak.
Aldo Horn
Namibië het 1 725 staatskole landswyd met slegs 164 van dié skole wat oor biblioteekfasiliteite beskik, ofte wel 9,5%.

Só het die direkteur van die Namibië Biblioteek- en Argiefdienste (NLAS), Sarah Negumbo, Woensdag by ’n geleentheid by die ministerie van myne en energie gesê.

Dit met die doel om die stand van Namibië se skoolbiblioteke in konteks te plaas.

Die definisie van ’n “biblioteekfasiliteit” is ook ongelooflik wyd en sluit in boeke in ’n kas in ’n onderwyser se klaskamer.

Werklike, doelgedrewe biblioteke is slegs toeganklik tot 58 skole – talle streke soos die Erongo-, Hardap-, ||Kharas- en Kunenestreek het nie toegang tot ’n enkele funksionerende skoolbiblioteek nie, luidens die NLAS se statistiek.

Nog ’n kwessie wat uitgelig is, is die tekort aan gekwalifiseerde bibliotekarisse wat die paar biblioteke wat wel bestaan, ​​beman. Slegs 47 professionele bibliotekarisse is landswyd in staatskoolbiblioteke aangestel.

Negumbo sê in haar toespraak dat dit nie weens ’n tekort aan gekwalifiseerde persone nie, aangesien hierdie kwalifikasies en opleiding by universiteite soos die Universiteit van Namibië (Unam) beskikbaar is.

Die probleem is ’n gebrek aan geld van die ministerie van onderwys, het sy gister gesê.

BELEIDMAKERS

“Afrika heg nie waarde aan kennis nie. Beleidmakers heg nie waarde aan kennis nie – daarom is biblioteke nie ’n prioriteit vir jou ministerie nie, me. Negumbo,” het die voormalige eerste minister, Nahas Angula, aan die direkteur gesê.

Hoewel Negumbo nie ’n presiese getal gegee het vir die geld wat hulle ontvang het nie, het sy gesê die “finansieringsgaping is enorm”.

Sy noem verder dat die finansiering wat wel ontvang is “nie genoeg is om projekte en aktiwiteite uit te voer nie”.

“Daarom maak die NLAS staat op skenkings van private maatskappye en vennootskappe met instansies soos die Goethe-instituut van Namibië om die plaaslike jeug van hulpbronne te voorsien om mee te leer.”Negumbo het die publiek verder aangemoedig om hul tyd op te offer om te help met biblioteekprogramme en -geleenthede, en vra vir skenkings van boeke en biblioteekhulpbronne.

Sy beklemtoon ook dat verdere voorspraak vir die belangrikheid van skoolbiblioteke tussen die gemeenskap en plaaslike staatsamptenare noodsaaklik is.

Die tema van die geleentheid was “Bevorder leerlinge se optrede deur die gebruik van skoolbiblioteke in Namibië”.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!