Die Namibiese ambassadeur vir China, mnr. Elia Kaiyamo,. FOTO ENZO AMUELE
Die Namibiese ambassadeur vir China, mnr. Elia Kaiyamo,. FOTO ENZO AMUELE

Studente weens streng Covid-beleid gestrand

Zero beleid om verspreiding te keer
Namibiërs wat in China studeer en tydens die pandemie na hul tuisland teruggekeer het, sukkel om weer hul studies in die buiteland te hervat.
Enzo Amuele
Enzo Amuele - Die Namibiese ambassadeur vir China, mnr. Elia Kaiyamo, het bevestig ‘n groep van meer as 20 Namibiese studente en ‘n onbekende aantal nuwe studente wat beurse van die Chinese regering ontvang het, is in Namibië weens streng Covid-19-regulasies in China gestrand. Dit sluit in studente wat tydens die 2019/20 en 2021/22 akademiese jare hier studeer het, maar wat tydens die pandemie na Namibië teruggekeer het.

In ‘n onderhoud met Namibian Sun het Kaiyamo gesê die ambassade is in gesprek met ander lidlande van die Afrika Unie om ‘n werkbare oplossing vir die terugkeer van studente uit Afrika na China te vind.

“Die ambassade in China is in kontak met die owerhede en instellings hier om te verseker ons studente keer terug om hul studies te voltooi, veral dié wat in ingenieurswese en medisyne studeer,” het hy gesê.

Volgens Kaiyamo moet die streng geen-Covid-beleid in China verstaan word wat ten doel het om die verspreiding van die virus stop te sit.

“Ons sending het onlangs ‘n deurbraak gehad in terme van die terugkeer van ‘ou’ Namibiese studente op voorwaarde dat hulle eers aan die stel vereistes voldoen. Die meeste studente is ingelig oor die prosedures om ‘n studentevisum te bekom.”

Elke universiteit het vereistes vir terugkerende studente so opgestel dat studentevisums deur die Chinese ambassade in Windhoek uitgereik kan word vir dié wat aan die vereistes voldoen.

“Die proses duur vuurt en die ambassade is ook voortgeset met die Chinese owerhede oor die kwessie in kontak.”

Volgens me. Grace Seponde, sekretaris-generaal van die Namibiese Studenteorganisasie in China (NSAC), is studente ontmoedig om hul studies voort te sit omdat hulle minder tyd saam met dosente en minder geleenthede vir interaksie met ander studente het. Aan die ander kant het studente wat self hul studies finansier werk in China gekry, maar dit gelos vir hul studies nadat hulle beurse ontvang het. Dié studente is egter nou platsak omdat hul beurse nie langer hul toelaes dek omdat hulle nie meer in China is nie.

“Studente dien voortdurend klagtes in en pleit vir hulp om hul terugkeer na China te fasiliteer om met hul studies voort te gaan, dit is ‘n uitdaging,” het sy erken.

Volgens haar gaan die organisasie voort om die studente se klagtes aan die ambassade vir enige vorm van hulp aan te stuur.

Me. Sirrka Haufiku, ‘n ingenieurstudent wat in Namibië gestrand is, sê dié terugslag het haar studies negatief geraak omdat aanlynklasse gedurig weens swak netwerk gekanselleer word.

“Ek sukkel gedurig met onsekerheid en is bang dat, ná vier jaar, my graad nie deur die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) sowel as die Ingenieursraad van Namibië (ECN) evalueer sal word nie, omdat ek nie aan al hul vereiste ure van klasbywoning voldoen nie. Praktiese kursusse is vir ‘n onbekende tyd op ys geplaas,” het Haufiku gesê.

Volgens Kaiyamo is een van die uitdagings wat die gestrande studente in Namibië in die gesig staar, die styging in pryse van vliegtuigkaartjies.

“Sommige van ons studente sal nie die vliegtuigkaartjies kan bekostig nie, want dit is duur. Die goedkoopste vliegtuigkaartjie is sowat N$50 000.”

Hy het bygevoeg dat sommige Namibiese studente hul wangedra en nie hou by die Chinese reëls en regulasies nie.

“Elke week is daar óf ‘n student wat sy paspoort verloor óf sommige baklei selfs in kroeë en dan moet my kantoor ingryp.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!