Foto ter illustrasie/ Otis Finck, Erongo 24/7
Foto ter illustrasie/ Otis Finck, Erongo 24/7

Studie moet impak van geletterdheidsprogram bepaal

'Ouers moet betrokke raak'
Hoewel evaluerings daarop dui dat die FLP 'n bydrae lewer tot verbeterde geletterdheid, sal 'n volledige studie na verwagting 'n meer omvattende begrip van die program se resultate bied.
Iréne-Mari van der Walt
Studies sal na verwating in die 2024/2025 finansiële jaar gedoen word om die impak van die geletterdheidsprogram vir families (FLP) te bepaal wat in 2006 deur die ministerie van onderwys, kuns en kultuur van stapel gestuur is. Op aanbeveling van die nasionale onderwyskonferensie van 2022 word die program vanjaar ook met ’n maand verleng.

Die FLP is ’n program wat ouers van kinders in graad 1 bemagtig om hul kinders met hul skoolwerk te help.

"Die program rus ouers toe met die vaardighede om hul kinders met huiswerk, lees en skryf te help deur middel van maklike metodes en interaktiewe ouer-kind geletterdheidsaktiwiteite," het die ministerie se adjunkdirekteur vir volwasseonderrig Lydia Aipinge gesê.

Volgens Aipinge is die voordele van die FLP tweevuldig.

"Die ouers leer en dra kennis aan hul kinders oor en die program bemagtig ouers om beheer te neem van hul kinders se opvoeding en ondersteun hulle met hul skoolwerk. Die program bied ook aan ouers ’n geleentheid om kontak te maak met ander ouers en van hulle te leer," verduidelik sy.

UITDAGINGS

Die FLP is volgens Aipinge egter nie sonder uitdagings nie. Volgens haar raak mans selde betrokke en baie ouers voltooi nie die program nie, grotendeels omdat hulle agter werksgeleenthede aan trek.

Baie ouers glo volgens Aipinge ook dat hulle nie hoef betrokke te raak by hul kind se onderrig nie, omdat onderwysers betaal word om dit te doen.

"Die FLP is belangrik in die bevordering van die idee dat volwassenses ’n kragtige invloed op kinders se onderrig en uiteindelike sukses op skool het. Dit is ook belangrik om wedersydse verhoudings tussen ouers of voogde en kinders asook die skool te bevorder," sê sy.

Nietemin verduidelik Aipinge dat ’n evaluering van die FLP in 2011 daarop gedui het dat die program wél ’n bydrae tot beter geletterdheid onder laerskoolkinders lewer.

Aipinge glo mans moet betrokke raak by die program en dat ’n vaste begroting vir vir die FLP die sukses daarvan kan bevorder.

"Daar is gevra dat ons die FLP verleng, maar weens finansiële beperkings kon dit net met een maand verleng word," sê Aipinge. Die verlenging sal volgens haar daartoe bydra dat vrywilligers langer aan die program sal deelneem.

"Vir ouers en voogde kan die FLP die geleentheid bied om hul eie geletterdheid te verbeter en kan dit ook toegang tot hulpbronne en ondersteuningstelsels bied wat kan help met uitdagings soos om die skolestelsel te bestuur of om werk te kry," het sy gesê.

In die lange duur help die FLP ook breër gemeenskappe.

"Dit kan armoede verminder, gesondheidsresultate verbeter in ’n gemeenskap en ook die betrokkenheid van die gemeenskap ’n hupstoot gee," het sy gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!