Swapo-skool ‘sterf stille dood’ saam met rektor
Stil ná minder as ’n dekade
Sonder 'n enkele graduant uit sy geledere is die regerende party se skool – waaroor daar aanvanklik 'n groot ophef van gemaak is – se lesingsale leeg.
Jemima Beukes
Minder as ‘n dekade nadat die Swapo-party sy opleidingsinstelling se deure geopen het, het bedrywighede hier tot stilstand gekom sonder ’n enkele kwalifikasie onder die sowat 200 studente wat in lesingsale gesit het om van die party se politieke leerstelling te leer.
Binnestanders wat met ons susterkoerant Namibian Sun gepraat het, het die sluiting toegeskryf aan ‘n gebrek aan finansiering en min ondersteuning van die partyleierskap sedert die dood van die skool se stigtersrektor, mnr. Marco Hausiku, verlede jaar.
Die inisiatief vir ’n partyskool, wat spruit uit ’n voorstel wat by Swapo se 2002-kongres gemaak is, is in Mei 2016 van stapel gestuur met die doel om partykaders in politieke onderrig en leierskap op te lei, en het byna 200 ingeskrewe studente gehad.
Ná Hausiku se dood in Augustus 2021 het me. Sophia Shaningwa, sekretaris-generaal van Swapo, ‘n vergadering met die skool se personeellede belê om die pad vorentoe te bespreek. Sy dien ook as voorsitter van die skoolraad.
“Die sekretaris-generaal het met personeellede vergader en hulle aangesê om alles tot verdere kennisgewing te halt. Sy het saam met haar adjunk, me. Eunice Iipinge, na die vergadering toe gekom,” het ’n Swapo-amptenaar gesê.
Die skool het verlede jaar planne om sy heel eerste gradeplegtigheid aan te bied, afgelas nadat Hausiku siek geword het.
‘IN VOLLE SWANG’
Swapo se woordvoerder, me. Hilma Nicanor, het verlede week ontken dat bedrywighewde by die skool op ys geplaas is.
Die skool weet glo van niks – met een van die dosente, dr. Charles Mubita, wat Namibian Sun op ‘n toer deur verlate lesingsale geneem het en volgehou het dat klasse in volle swang is. Hy het navrae na die partyleierskap verwys.
Nicanor het ontken dat die skool gesluit het en gesê sy dra geen kennis van ’n partybesluit om die skool vir enige tydperk te sluit nie.
“Die skool is aan die gang; daar is nog graduante wat nie hul kursus voltooi het nie, so ek dink nie jou inligting is korrek nie. Ek is nie bewus van so ‘n besluit wat die party geneem het nie.”
‘GEEN REG OM TE VRA’
Die skool het vyf permanente personeellede en agt deeltydse dosente aangestel wat almal een of ander vorm van toelaag ontvang en dus bang is om die partyleierskap oor dié dooiepunt te konfronteer.
“Ons het geen reg om te vra nie,” het een van die bronne opgemerk.
Toe sy om kommentaar genader is, wou Iipinge nie bevestig of ontken of die skool gesluit is nie.
Sy het gesê: “Mense word nie net wakker en besluit om die Swapo-skool by te woon nie, hulle word deur die partytakke en -strukture gekeur. Studente moet deur hierdie strukture die inligting kry wat hulle soek.”
Sy het ook geweier om kommentaar te lewer oor die finansiële stand van die instelling omdat “jy gedagvaar kan word vir hierdie soort dinge”.
Sy het verder bewerings verwerp dat die skoolraad se termyn verstryk het.
“Waar het hulle in die briewe gelees dat dit [raadstermyn] verstryk het? Dit is net straatgoed. Moenie mense se probleme as waarheid aanvaar nie, laat hulle teruggaan na hul leiers en uitvind.
“Jy ken my, ek doen nie gerugte nie. Miskien dink hulle die koerant kan hul probleme oplos. As hulle weet die party het nie geld nie, hoekom kom hulle na julle toe? Vra julself af, is dit om die party te ontbloot? Hulle kan reguit na my toe kom, ek is die ondervoorsitter,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie