Te veel onderwysers, te min werk
8 000 kry tussen 2017 en 2023 nie werk
Van die graduandi koop glo uit desperaatheid skoolhoofde om om 'n pos te kry.
Met ’n geraamde meer as 8 000 gegradueerde onderwysers wat tussen 2017 en 2023 nie geholpe kon raak in die onderwyssektor nie, het ’n bykomende 1 500 gegradueerdes van die Universiteit van Namibië (Unam) se kampusse in die noordelike en noordoostelike streke van die land hulle by die beroep, wat sinoniem is met “geen werk”, aangesluit.
Verlede jaar het die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sowat 740 poste gevul, terwyl 750 vanjaar geadverteer en gevul sal word. Op Unam se kampus op Rundu het 506 onderwysstudente graad gevang, 332 op die kampus op Katima Mulilo en 663 op die noordelike kampusse.
Hierdie syfer sluit diegene uit wat aan ander universiteite gegradueer het en die meer as 15 kolleges wat kwalifikasies in onderwys aanbied. Die meeste van die instellings het graadseremonies twee keer per jaar.
’n Ondersoek deur Republikein se susterkoerant Namibian Sun het gewys talle van die werklose graduandi moet weens die hoë aanvraag vir werk en die ooraanbod van gegradueerdes noodgedwonge hulle tot omkoopgeld wend om ’n werk te kry.
Volgens die ondersoek wil dit voorkom dat skoolhoofde en diegene wat deel van die werwingspanele is, omgekoop word deur diegene wat “meer desperaat blyk te wees as ander”.
Die onderwysministerie se uitvoerende direkteur, Sanet Steenkamp, het dit bevestig en erken die ministerie moes onlangs beweerde omkopery in die Zambezistreek ondersoek.
Hoewel bewerings gemaak word, sê sy bewyse om dit te staaf, word nie verskaf nie. Om net op hoorsê staat te maak, sê Steenkamp dit beteken die ministerie gaan ’n klomp geld moet bestee om bewerings te ondersoek wat op die ou einde blote gerugte was.
“Ons het voorvalle van omkopery in die Zambezi gehad en ondersoek is ingestel, maar niemand het met enige bewyse na vore gekom nie.
“Ons ontvang gewoonlik gesiglose en naamlose boodskappe per e-pos. Wanneer ons dan optree, bestee ons baie geld aan ondersoeke, maar daar is gewoonlik geen bewyse nie. Ek ontken nie daar is ’n opvatting aan die kant van die publiek dat daar nie werk vir onderwysers is nie. Dié opvatting moet ondersoek word.
“Ek wil dit graag ook duidelik maak – as jy in die onderwysberoep of in enige openbare diens is, moet ons met integriteit dien. As daar enige skoolhoof of lid van ’n werwingspaneel is wat nie binne die raamwerk van die wet optree nie en nie aan die voorgeskrewe regulasies voldoen nie en jy het bewyse hiervan, sal ons nie huiwer om hulle aan te kla nie.
“Ons is baie duidelik by die ministerie dat ons ’n eerbare beroep dien. Die laaste ding wat ons wil hê is dat mense omkoopgeld moet ontvang,” het Steenkamp gesê.
Verskeie graduandi uit die sowat 700 nuwe onderwysers wat op die Unam-kampus hul grade ontvang het, het in ’n onderhoud gesê hulle bly hoopvol om werk te kry.
“Ons was bewus van die situasie van ’n tekort aan werksgeleenthede in die onderwyssektor, selfs terwyl ons studeer het. Jy moet egter hoopvol bly en dit aan God oorlaat. As onderwys dit is waarvoor ek geroep is, sal ek aanhou probeer totdat ek dit maak,” het een gesê.
Die goewerneur in die Omusatistreek, Erginus Endjala, het op sy beurt gesê Namibië het sy versadigingspunt bereik in terme van die aantal onderwysstudente wat graad vang.
Volgens Endjala is dit nou eerder tyd om vir beroepe te studeer wat hoog in aanvraag is.
“Dis ’n baie goeie ding dat ons ’n jong bevolking in die land het wat opgevoed is. Ons moet egter herbesin oor watter kursusse ons kan bied wat van toepassing op die arbeidsmark is,” het hy gemaan.
“Sommige arbeidsmarkte is reeds oorvol, wat onderwys insluit. Ek dink ons het ons piek bereik. Dis dalk tyd dat ons hulle heroplei vir nuwe geleenthede wat kom, soos groen waterstof en olie en gas. Dis waar ons fokus nou moet wees.
“Ons het te veel instellings wat onderwyskwalifikasies aanbied en nou sukkel ons om hulle te absorbeer. Miskien moet ons die inskrywings verminder.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie