Tegniese probleme maak eksamen laat
Henriette Lamprecht – Tegniese kwessies het ’n stok in die wiel gesteek van die Universiteit van Namibië (Unam) se vroegtydige uitstuur van studente se eksamenroosters.
Die rooster vir eindeksamens is laat uitgestuur en nie reeds drie weke voor die tyd soos wat die norm is nie.
Volgens mnr. Shahid Shu'aib Dickson, assistentdirekteur vir korporatiewe betrokkenheid en internasionale verhoudinge, is dit ook die rede waarom die aanvang van die eksamens vanaf 27 Oktober na 31 Oktober verskuif is.
Volgens Dickson is verskeie uitdagings met die eerste eksamenrooster, soos beperkte tyd tussen modules ondervind.
“Ons moes die rooster weer ontwerp om ’n meer gunstige een vir student te verseker sodat hulle genoeg tyd tussen die verskillende vakke het,” het hy verduidelik.
Die nuwe rooster is uiteindelik op 27 Oktober vrygestel.
Met verwysing na studente wat deur middel van afstandsonderrig studeer en by dooiemansdeur vir hul eksamen aangekom het, het Dickson gesê alle studente is deur die studenteraad (SRC) ingelig oor die vertraging in die Oktober/November-eksamens.
Hy het beklemtoon dié groepe studente sal tydens die spesiale en ondersteunende eksaminering geakkommodeer word wat op 29 November begin.
“Inligting wat hiermee verband hou, word ook met studente deur die studenteportaal en gereelde kommunikasie gedeel.”
Die universiteit se eksamens het Maandag amptelik afgeskop.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie