Tente, klaskamers as koshuis

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Water vol roes oor ou pype wat uit 1978 dateer en nog nooit vervang is nie.

’n Skoolsaal sonder dak omdat dié in 2017 afgewaai het en nooit vervang is nie. Oorvol klaskamers met ’n gemiddeld van 57 leerlinge per klas. Akkommodasie vir onderwysers wat in 1979 gebou is en nooit in stand gehou is nie en wat nou ongeskik is vir menslike gebruik.

Dit is van die haglike toestande by skole in Oshikoto, Ohangwena en Kavango-Wes, met ’n tekort aan koshuise wat die donker prentjie van die stand van skole in die land net nog verder verdonker.

’n Verslag deur die Nasionale Raad se staande komitee oor onderwys verwys na ’n laerskool in Kunene waar leerlinge reeds die afgelope 11 jaar in klaskamers moet slaap. Die gemeenskap moes noodgedwonge ingryp om leerlinge in ’n gemeenskapskoshuis te huisves omdat hulle daagliks tot 35 km moet stap – wat twee dae sou neem – om by die skool te kom. Die betrokke skool het ook geen elektrisiteit of water nie. Onderwysers moet dikwels hand in hul eie sak steek om die gemeenskapskoshuise te onderhou en kos aan te koop vir leerlinge wat uit gemarginaliseerde gemeenskappe kom en nie enige finansiële bydrae kan lewer nie. Sommige koshuise het nie meer deure en vensters nie, wat leerlinge genoodsaak het om eerder in ’n vervalle huis te bly. By ander word leerlinge in sinkstrukture sonder vloere gehuisves.

Waar daar nie koshuise beskikbaar is nie, kamp leerlinge op die perseel, ’n situasie wat glo bydra tot die hoë koers van tienerswangerskappe onder leerlinge. Puttoilette is in die meeste gevalle in ’n “skandelike” toestand, met leerlinge en personeel wat die naaste bosse as hul ablusiegeriewe gebruik.

Dié koshuise wat wel spoeltoilette het, kan dit ook nie gebruik nie weens ’n gebrek aan water en omdat dit nie gekoppel is nie. Nie een van die koshuise in die Oshikotostreek het lopende water nie. Leerlinge wat nou tot 10 km daagliks skool toe moet stap, word gevra om water saam te bring. ’n Hoë persentasie van die koshuise en skole is totaal afhanklik van die voedingsprogram met leerlinge wat net pap twee keer ’n dag eet. Soms is leerlinge egter vir dae sonder enige kos. Die meerderheid San-leerlinge wat uit gemarginaliseerde gemeenskappe kom, het geen nasionale dokumente of skooluniforms nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!