Toetse in 2018 wys al 2022-leerlinge sou faal
Staatsbegroting hou nie by teen toename in leerders
Volgens Edda Bohn, die adjunk- uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, is gestandaardiseerde prestasietoetse (SATS) weens 'n gebrek aan finansiering gestaak.
Namibië sit reeds sedert 2018 op ’n tydbom, toe die laaste uitgevoerde SAT’s aan die lig gebring het dat 40% van die groep wat eksamens in die 2022 Namibië Senior Sekondêre Sertifikaat (NSSS) se gewone en hoër vlakke sou aflê, swakker as basiese bevoegdhede sou hê.
Volgens me. Edda Bohn, die adjunk- uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, is gestandaardiseerde prestasietoetse (SAT’s) weens ’n gebrek aan finansiering gestaak.
Sy het ook uitgewys die getalle leerlinge het landswyd geweldig toegeneem, terwyl finansiering van die regering nie in proporsie hiermee gegroei het nie.
“Ons het opgelet dat ons leerlinggetalle toegeneem het, terwyl die onderwysersgetalle slegs met die helfte gegroei het.
“Onder wyle minister Abraham Iiyambo het ons ’n kosteberekening ‘van onder na bo’ met die ideale hulpbronne vir leerlinge gedoen. Die koste het destyds reeds die begroting oorskry en boonop het inflasie intussen die bedrag verder vermenigvuldig, wat jou ’n aanduiding gee dat ons begroting tans sowat ’n kwart is van wat dit behoort te wees,” het sy gesê.
REAKSIES FAAL
Met betrekking tot die 2018-bevindinge het die aanvullende onderrigopleiding van onderwysers wat op ’n kaskade-model aan onderwysers aangebied is, nie in die eise voldoen nie, aangesien meer as 80% van hierdie leerlinge in 2022 droewige druipsyfers behaal het.
“Dié groep het reeds vanuit die primêre skool met ’n agterstand gekom. Toe hulle die hoërskool bereik (graad 9), was dit die tyd toe Covid-19 uitgebreek het en inperkings ingestel was.
“Dié groep het die grootste verlies aan kontakonderrig en leertyd gehad. Hulle het ongelukkig die slegste deel van dit alles gehad. Ons het op die SAT gereageer met opleiding van onderwysers, maar dit was geselekteerde onderwysers wat ingeroep is en weer het dié optrede nie almal bereik nie,” het sy gesê.
Bohn voeg by onderrigmateriaal is toe ontwikkel om onderwysers te ondersteun en uiteenlopende verslae van skole is ontleed, maar die uitrolproses van die onderrigreaksie was op ’n beperkte wyse.
“Vanuit die beleidsperspektief het ons op papier vordering gemaak, maar dan staar ons steeds vervalle strukture en oorvol klaskamers in die gesig. Die aanvraag na onderwys het skerp gestyg as gevolg van die verhoogde geboortesyfer.
“Ek wil beklemtoon ons het dit nie reggekry om sake te bestuur met die ewe spoedige uitrolproses en intensiewe sorg vir ons leerders nie,” het sy gesê.
ONVOLDOENDE
Intussen het die regering ’n uitbetaling van N$183.6 miljoen onder alle skole in die land verdeel, wat neerkom op ’n maandelikse N$200 vir primêre leerlinge en N$300 per sekondêre leerling.
“Dis regtig ’n onvoldoende bedrag. Ons is daarvan bewus. Dit maak slegs voorsiening vir daardie klein gaping in verbruiksgoedere wat skole van dag tot dag benodig. Hiermee kan jy drie oefenboeke koop wat miskien vir skryf-, jou moedertaal- en syfervaardigheid is – maar jy sal steeds ander voorraad ook kortkom.”
ONDERWYSERS
Intussen het die Namibië Onderwys Openbare Bestedingsverslag van 2017 bevind van die gemiddelde graad 6-onderwyser in al 15 lande van Suider- en Oos-Afrika wat ondervra is, het Namibiese onderwysers die laagste koers op sowat 40% behaal.
Volgens die 2022 Nasionale Onderwyskonferensie se aanbevelings het die leerling-tot-onderwyser-verhouding oor die afgelope vier jaar met 7% gestyg en finansiering vir onderwys het ook effens afgeneem gedurende hierdie tydperk.
Dis ook uitgewys die grootste deel van die begroting gaan aan salarisse – ’n verhouding wat ’n bepalende impak op die onderwysuitslae en -sukses het.
“Die ontwikkelingsbegroting bly aansienlik onderfinansier relatief tot ander gebiede van uitgawe en staan op 2,1% vergeleke met 7,1% in 2020/21.
“Lae openbare besteding aan die ontwikkelingsbegroting het ’n negatiewe impak op die gehalte en toereikendheid van skoolinfrastruktuur. Tans word die gaping op 4 000 klaskamers beraam, ten koste van sowat N$2,4 miljard,” lui die aanbevelings.
Dit meld ook altesaam 125 394 leerlinge het in 2017 ’n graad herhaal – ’n getal groter as die hele inwonertalle van Okahandja, Walvisbaai en Otjiwarongo saam.
Daar is ook bevind dat dit veral seuns is wat die skool verlaat. Die meeste graad 8-leerders wat skool verlaat het, was in die Hardapstreek en in graad 10 was skoolverlaters in Omaheke en Kunene die meeste.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie