Josef Shimopileni saam met Elias Kahuva, George Botshiwe, Julia Khito en Fiina Ndaendapo. Foto verskaf
Josef Shimopileni saam met Elias Kahuva, George Botshiwe, Julia Khito en Fiina Ndaendapo. Foto verskaf

Toppresteerder slaan studiebeurs los

Sy resultate beïndruk
'n Plaaslike goudmyn het 'n studiebeurs aan 'n toppresterende leerling toegestaan.
Michelline Nawatises
Die toppresteerder van Karibib Junior Sekondêre Skool (KJSSC), Josef Shimopileni (18), gaan sy skoolloopbaan by Karibib Privaatskool (KPS) voortsit nadat QKR Navachab-goudmyn 'n studiebeurs aan hom toegeken het.

Josef het sy 2021 NSSCO Graad 11-nasionale eksamens met lof geslaag en is aanvanklik by Dibasen Sekondêre Skool (DSS) ingeskryf om sy graad 12 (NSSCAS) daar te voltooi.

Hy het vir twee dae klasse by DSS bygewoon en toe na Karibib teruggekeer om by KPS in te skryf nadat sy vorige skool ’n studiebeurs – om by KPS skool te gaan – namens hom verseker het.

“Ons het met die besturende direkteur van QKR Navachab-goudmyn, George Botshiwe, gesels oor die moontlikheid om vir Josef toe te laat om sy skoolloopbaan by Karibib Privaatskool voort te sit. Hy was beïndruk met Josef se resultate en sy nederige agtergrond,” het Julia Khito, Josef se voormalige registeronderwyser by KJSS, gesê.

Die studiebeurs dek koshuis- en skoolfooie asook ander behoeftes soos skooldrag, skryfbehoeftes, handboeke en 'n skootrekenaar.

"Die totale waarde van die studiebeurs is nog nie vasgestel nie, aangesien die skool nog alle kostes moet finaliseer," het McLyn Kasale, die openbare betrekkinge en kommunikasiebeampte by die myn, gesê.

Die enigste koste waarvan hulle in hierdie stadium bewus is, beloop N$860 en dit sluit Josef se koshuis- en skoolfooie in.

“Hy sal 'n toelaag ontvang en sy tersiêre klasgelde sal ten volle gedek word sodra hy vanjaar slaag.”

Volgens Khito is Josef 'n stil en nederige seun.

“Hy het saans by kerslig gestudeer en daarin geslaag om sedert sy laerskooljare uitstekende resultate te lewer.

Hy was die afgelope jare die duxleerling van die skool en het elke leerling in die skool – selfs dié in die hoër grade – oortref. Vanjaar het hy uitstaande graad 11 NSSCO-uitslae behaal met vier A-simbole, een B en 'n C.

“Josef is 'n presteerder met 'n gevestigde rekord. Sy teenwoordigheid sal leerlinge motiveer en hy sal goeie mededinging bied vir ander toppresteerders by ons skool,” het KPS se hoof, Vincent Hokkie, gesê.

Die jongeling sê sy droom is om 'n chemiese of elektriese ingenieur te word en om hierdie droom te bewaarheid sal hy vyf vakke op AS-vlak moet voltooi; en dit is presies wat hy beoog om te doen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!