TUN
TUN

TUN soek antwoorde by ministerie

Henriette Lamprecht
Jemima Beukes – Die Onderwysersunie van Namibië (TUN) het ’n beroep op sy lede oraloor Namibië gedoen om ’n ooreenkoms te verwerp wat verlede Vrydag tussen die Namibië Nasionale Onderwysersunie (Nantu) en die ministerie van onderwys, kuns en kultuur onderteken is.

TUN se sekretaris-generaal, Mahongora Kavihuha, sê die ooreenkoms is “nie goed oordink nie, kan nie werk nie en is ’n halfgebakte strategie” wat beslis net nog ’n ramp gaan veroorsaak.

“Dit wil voorkom asof die vergadering bestem was om die belangrikste gemeenskaplike kwessies van kommer en met betrekking tot die huidige prestasie van sekondêre onderwys in die land te bespreek. Ons mening is dat dit betreurenswaardig is dat die huidige nasionale ramp net tussen die uitvoerende bestuur van Nantu en die ministerie bespreek word. Dit terwyl hulle deur middel van diskriminerende neigings en benaderings die hoofargitekte was.

“Die rampspoed wat hulle tot dusver veroorsaak het in hierdie land en sy onderwys, het baie meer nodig as dié perverse, eksklusiewe en diskriminerende besprekings,” sê Kavihuha.

Dit volg ná die teleurstellende uitslae van die Namibië Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak en Gevorderde Vlak (NSSCO/NSSCAS)-eksamens met 80% van leerlinge wat gedruip het.

Baie politieke leiers en skoolhoofde, insluitend Nantu het gevra dat die eksamens in Maart herhaal moet word in ’n poging om leerlinge wat gedruip het, ’n tweede kans te gee.

Die ministerie se uitvoerende direkteur, Sanet Steenkamp, sê egter dit word nie deur die ministerie oorweeg nie, omdat dit miljoene Namibiese dollar sal kos en uiteindelik die onderwysstelsel in sy geheel sal laat ontspoor.

“Ons bedryf nie sonder meer ’n stelsel wat nie gereguleer word nie. Ons het ooreenkomste met Cambridge in plek en ’n hele, geloofwaardige eksamineringstelsel. Om eksamens te herhaal is nie ’n opsie nie, jy gaan die hele stelsel ontspoor. Jy gaan miljoene dollar nodig hê om die vraestelle op te stel en dieselfde onderwysers wat kwaliteittyd op onderrig moet bestee, word weer vir 90 dae onttrek.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!