Unam ontken wangedrag in aanstelling van direkteur
Stofberg se gesondheid onder loep
Personeellede van Unam beweer die werwingsproses om dr. Jacques Stofberg as direkteur van die Namibiese Sakeskool (NBS) aan te stel, was gebrekkig en bevooroordeeld.
Mariud Ngula – “Hierdie skandalige aanstellings hou ernstige gevolge in vir ’n instelling wat reeds finansiële uitdagings ervaar (nie in staat is om personeel se salarisse te betaal nie).”
So lui die inhoud van ’n dokument wat deur personeellede van die Universiteit van Namibië (Unam) saamgestel is, en wat verder beweer dat die aanstelling van dr. Jacques Stofberg as direkteur van die Namibiese Sakeskool (NBS) neerkom op wangedrag en begunstiging.
Unam ontken egter die bewerings dat die aanstelling die gevolg was van beleidsoortredings om familielede of vriende te bevoordeel en meen bewerings van hierdie aard is ongegrond.
Unam beweer dat hy by die beleid op regstellende aksie hou ondanks die evaluering van alle kandidate op meriete.
“[Unam] bly verbind tot deursigtigheid en integriteit. In teenstelling met die bewerings, is dr. Stofberg nie nagejaag (head-hunted) nie. Hy het alle aspekte van die werwingsproses ondergaan, insluitend ’n deeglike onderhoudsproses, psigometriese assessering, openbare voorleggings en sy verwysings is nagegaan,” het Unam se woordvoerder, Simon Namesho, gesê.
‘BEGUNSTIGING’
In ’n dokument wat Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, onder oë gehad het, beweer die personeellede dat Stofberg se aanstelling op begunstiging neerkom.
Die personeellede het verder beweer dat Unam nie die beleid op regstellende aksie toegepas het of die onderhoud en psigometriese assessering uitgevoer het nie. Hulle het bygevoeg dat Unam se menslike hulpbronafdeling nie sy verwysings nagegaan het nie.
“Dis nie die eerste keer dat die [registrateur], prof. [Erika] Maass en die direkteur van menslikehulpbronne, [Reginald Izaks] die universiteit se beleid oortree nie. Hulle moet verantwoordelik gehou word om so ’n aanstelling te begin sonder om die feite te verifieer.
Die universiteit het gesê Stofberg is die tweede kandidaat wat deur die soekkomitee aangestel is. Die eerste aanbevole kandidaat het glo die pos weens persoonlike redes van die hand gewys, wat tot Stofberg se aanstelling gelei het.
‘ONBEWUS VAN GEESTESKWESSIES’
Die personeellede het verder beweer Stofberg het probleme wat met sy geestesgesondheid verband hou en het aangevoer dat dit reeds in Mei vanjaar, aan die begin van sy indiensneming by Unam, aan die lig gekom het.
“Sy chaotiese en onetiese gedragsprobleme beïnvloed sy verhouding met kollegas en personeellede in ’n groot mate.”
In reaksie het Unam aangedui dat hulle personeellede se privaatheid en vertroulikheid respekteer. Hulle het wel verseker dat hulle ten tyde van Stofberg se aanstelling by Unam nie bewus was van enige geestesgesondheidskwessies nie.
“Hy [Stofberg] het geen sodanige toestand verklaar nie en daaropvolgende interaksies het nie ’n behoefte aan bykomende ondersteuning aangedui nie. Dit is egter belangrik om daarop te let dat slegs ’n gesertifiseerde mediese praktisyn ’n persoon se mediese toestand kan bevestig,” het Namesho gesê.
‘SKORSING’
Volgens personeellede het Unam op grond van ’n dissiplinêre klag probeer om Stofberg te skors.
Unam het na bewering later die klag teruggetrek en hom eerder op siekverlof geplaas nadat hulle glo met regstappe gedreig is.
“Unam se reputasie is geskaad weens die risiko’s wat daaraan verbonde is. Hulle het [Stofberg] geskors om verdere verleentheid te vermy,” het hulle beweer.
Op navraag het Namesho gesê die universiteit bespreek nie aangeleenthede tussen werkgewer en werknemers in die openbaar nie, met die doel om die privaatheid en waardigheid van sy personeel te beskerm en dit sluit die skorsing van personeellede in.
Namesho het aangedui dat hulle deeglik bewus is van die beduidende impak wat leiersposisies op die instelling kan hê en gewaarborg dat hulle bewerings van wangedrag ernstig opneem.
Hy het bygevoeg dat alle besluite geneem word met die beste belange van die universiteit en sy gemeenskap in gedagte.
“Ons verseker al ons belanghebbendes dat alle werwingsprosesse in ooreenstemming met ons beleide en wetlike raamwerke uitgevoer word. Enige bekommernisse of griewe word deur die toepaslike interne kanale behartig,” het Namesho opgemerk.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie