Unam sê oor uitstaande skuld
Geen betaling, geen sertifikaat
Studente is deurlopend verlede jaar ingelig oor die potensiële gevolge sou hulle nie hul skuld vereffen nie.
Die Universiteit van Namibië (Unam) het sy besluit verduidelik om akademiese rekords terug te hou totdat alle uitstaande skuld van die betrokke studente vereffen is.
'n Groep geraakte studente het verlede week in reaksie op die besluit hul frustrasie en teleurstelling uitgespreek en gesê dit kniehalter hul vermoë om werk te kry om die skuld te vereffen.
Unam se woordvoerder, Simon Namesho, sê die universiteit het in die verlede geraakte studente se kwalifikasiesertifikate teruggehou om hulle aan te moedig om hul uitstaande skuld te vereffen. Die studente het steeds toegang tot akademiese rekords gehad met die verwagting hulle sou terugkeer om hul skuld te betaal en hul sertifikate op te tel.
Volgens Namesho het dié benadering nie die verwagte uitkoms gehad nie en het dit gelei tot 'n opeenhoping van sertifikate wat nie afgehaal is nie, sowel as skuld wat styg.
Namesho sê dit het Unam se finansies in gevaar gestel.
"Sedert die einde van verlede jaar is hierdie riglyn verander. Die universiteit beperk nou toegang tot beide die kwalifikasiesertifikate en die akademiese rekords van diegene wat nie hul uitstaande skuld betaal het nie. Studente is deurlopend verlede jaar ingelig oor die potensiële gevolge sou hulle nie hul skuld betaal nie," het Namesho gesê.
Volgens hom is die doel van die verandering om te verseker dat graduandi hul finansiële verpligtinge nakom, omdat die akademiese afskrif en rekords dikwels gebruik word om werk te kry.
"Gegradueerdes kan die universiteit se finansiële departement kontak vir betalingsopsies om hul skuld te betaal om sodoende hul sertifikate en rekords te kry. Ten spyte van die beperkinge verskyn gegradueerdes se name steeds in die boekie vir die gradeplegtigheid wat hulle ook mag bywoon," het Namesho gesê.
Die voormalige visepresident van die studenteraad (SRC) vir die Rundu-kampus, Josef Kazangile, het verlede week beklemtoon 'n opgedateerde akademiese status is noodsaaklik om vir werk aansoek te doen omdat werkgewers bewys van voltooiing van studies vereis.
"Voorheen wanneer 'n student sy studies voltooi het, is hul akademiese rekord opgegradeer tot die status van 'graad behaal' en hul akademiese rekords is aan hulle gegee terwyl die universiteit hul kwalifikasie terughou totdat hul skuld vereffen is. Die situasie tans maak dat ons nie aansoek kan doen of op 'n kortlys vir enige pos in ons rigtings geplaas kan word nie," het hy gesê.
Die groep beswaarde studente het ook beweer die aankondiging oor die nuwe reëlings is eers verlede maand, enkele weke voor hul gradeplegtigheid, gemaak. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie