Frednard Gideon, die visiekanselier van akademiese sake by Unam. Foto Junior Kapofi
Frednard Gideon, die visiekanselier van akademiese sake by Unam. Foto Junior Kapofi

Unam slaan vure dood oor akkreditasie

Dié universiteit het aangevoer dat die veranderinge aan sy kurrikulum, wat hulle in 2020 onderneem het, deur die "spoedige veranderinge in die wêreldwye hoër onderwyssektor" genoodsaak is.
Iréne-Mari van der Walt
Junior Kapofi – Die Universiteit van Namibië (Unam) het onlangs kwessies getakel rakende die akkreditasie van verskeie programme wat deur die universiteit aangebied word.

Dit volg op mediaberigte wat die instansie gekritiseer het vir die beweerde advertering van kursusses en kwalifikasies wat nie geakkrediteer is nie, sonder om die studente oor die mislukte akkreditasie in te lig.

Die visiekanselier vir akademiese sake by Unam, Frednard Gideon, het gesê dit is as gevolg van die universiteit se strewe om omvattende transformasie in sy kurrikulum mee te bring.

Die implementering hiervan sou volgens Gideon hierdie maand begin het.

“Die transformasie in die kurrikulum is genoodsaak deur faktore soos die spoedige verandering van die hoër onderwyssektor, asook die verwagtinge en vereistes van die vierde en vyfde nywerheidsrewolusies,” het hy gesê.

Die universiteit het na bewering 83 kwalifikasieprogramme vir akkreditasie ingedien, maar slegs 64 is suksesvol geakkrediteer. Gideon sê die akkreditasiepaneel het 17 programme geïdentifiseer wat hersien en verbeter moet word.

“Die universiteit het die meeste van die 17 programme hersien met die akkreditasiepaneel se voorstelle ingedagte en het dit weer in Desember 2022 by die nasionale raad vir hoër onderwys ingedien,” het hy gesê.

Unam se registrateur, Erika Maass, het bygevoeg dat studente wat aansoek gedoen het vir die programme wat nie geakkrediteer is nie, eenvoudig op die vorige kurrikulum vir daardie programme herregistreer is.

Gideon het studente aangemoedig om nie misleidende en vals inligting rakende akkreditasie te versprei nie.

Die universiteit is trots daarop om gehalte-onderwys aan sy studente te verskaf, het hy gesê, en bygevoeg dat die universiteit nooit kursusse wat nie geakkrediteer is, sal aanbied nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!