UNAM tight-lipped about paid, unoffered modules.edited
UNAM tight-lipped about paid, unoffered modules.edited

Unam-studente kla oor wanbestuur

Traag om betaalde modules by rooster te voeg
Sommige studente het soveel as N$4 840 betaal vir modules wat nie by die rooster gevoeg is nie.
Yandi Du Plessis
Elizabeth Joseph – Die Universiteit van Namibië (Unam) was skynbaar traag om te reageer op studente se klagtes dat modules waarvoor hulle betaal het, nie by die universiteit se somerskool aangebied is nie.

Laasgenoemde het op 21 Januarie ten einde geloop.

Luidens ’n e-pos tussen ’n ontstelde student en die universiteit se senior lektor vir die fakulteit regte, Tapiwa Warikandwa, lê die fout by die bestuur.

“Rig asseblief jou navraag aan die [departementshoof]. Sover ek weet, is ’n spesifieke party geïdentifiseer om die mynreg-module tydens die somerskool aan te bied.

“Dat dit nie aangebied is nie, is dus nie ’n kwessie wat ek kan hanteer nie, maar vir die bestuur om op te reageer,” het Warikandwa gesê.

Die studente het gesê die meeste van hulle het aansoek gedoen om die somerskool by te woon vir die mynreg-module en reeds betaal, en kon die relevante betalingsbewyse aan ons susterkoerant Namibian Sun toon.

Volgens die kwitansies het sommige studente soveel as N$4 840 betaal vir modules wat nie by die rooster gevoeg is nie. Dit nadat Unam verlede week bevestig het dat verskeie regstudente se uitslae vertraag is, en belowe het om hulle “so vinnig as moontlik” te help.

LYSTE

Volgens die studente is uitslae vir hul eindeksamen eers op 17 Januarie uitgestuur, toe die aansoeksperdatum vir die somerskool verby is.

“As ons eksamenuitslae betyds op die portaal bekend gemaak is, sou ons vir somerskool kon aansoek doen en klasse kon bywoon soos die ander studente wat toegelaat is om dié klasse by te woon.

“Dit moet genoem word dat daar ’n lys was wat op 16 Desember 2022 deur die mynregdosent op Moodle gedeel is wat bestaan het uit studente wat vir somerskool aansoek moes doen, maar dit steeds nie kon doen nie omdat die punte nie op die portaal gewys het nie, ” het een student verklap.

Boonop bevat die lys die studentenommers van studente wat wel geslaag het en was dus nie akkuraat nie, het hulle gesê.

Die universiteit het die fout erken en gesê dit sal reggestel word.

“Ek kan bevestig, in die lig van wat gebeur het, dat die mynwet (PML 3870)-studente ’n alternatiewe geleentheid deur die regskool gegun sal word.

“Die skool sal hierdie week, deur die studenteportaal, steeds aan die studente kommunikeer oor die nuutste verwikkelinge rondom die somerkwartaal en eksamenvereistes,” het Unam se woordvoerder, Simon Namesho, gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!