Voedingsprogram in skole
Voedingsprogram in skole

Van mieliepap tot groente vir kwesbare leerlinge

Jeanette Diergaardt
Jeanette Diergaardt

Sowat 500 000 kinders oraloor die land is tans afhanklik van die Namibiese Skolevoedingsprogram (SFP).

Die daaglikse porsie mieliepap van 125 gram is vir die 424 248 leerlinge dikwels hul enigste maaltyd. Dit vorm deel van die program wat landswyd by 80% van staatskole gevolg word, ofte wel meer as 1 500 skole.

Dit kos die ministerie van onderwys, kuns en kultuur jaarliks N$80 miljoen om die program aan die gang te hou.

Die mieliepap het soja in wat proteïene bevat, terwyl sout en suiker ook deel van die droë bestanddele uitmaak. Die ministerie het tans nie ’n sojaverskaffer nie en hulle wag op die Sentrale Verkrygingsraad om ’n internasionale verskaffer op te spoor.

’n Nuwe voedingprogram word tans uitgerol waarby 14 000 leerlinge van 29 skole in sewe streke op die oomblik by baat. Dié plan is ontwerp om ’n meer gebalanseerde dieet aan kinders te verskaf, met onder meer verskeie plase wat die nodige voorraad aan die ministerie voorsien.

Die nuwe skema, Home Grown School Feeding (HGSF), verskaf gesonde kos aan leerlinge, terwyl kleiner verskaffers ook hierby baat.

Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, me. Sanet Steenkamp, het onlangs in ’n voorlegging gesê die nuwe voedingsprogram bied geleenthede vir gemarginaliseerde gemeenskappe, terwyl dit ook armoede in die land sal takel.

Die adjunkuitvoerende direkteur in dié ministerie, me. Edda Bohn, het by navraag gesê die nuwe skema is reeds verlede jaar van stapel gestuur. Plaaslike verskaffers is ook reeds geïdentifiseer vir die verskaffing van mieliemeel, sout en suiker.

Bohn sê sekere streke het nie aan die vereistes vir verskaffing voldoen nie.

“Sommige gebiede werk goed soos Mariental en Stampriet waar daar reeds plaaslike produksie is. Die program moet nog in die droogtegeteisterde Kunene uitgerol word,” het sy verduidelik.

Sy het beklemtoon in ’n poging om die program uit te brei, “moet 'n mark in die gemeenskap vir die gemeenskap geskep word”.

Hoewel al die streke nog nie by die nuwe program betrek is nie, word daar gepoog om dit in die 2022-’23-finansiële jaar na dié streke te neem.

Die huidige voedingsprogram is in 1992 van stapel gestuur en is aanvanklik deur die Wêreldvoedingsprogram (WFP) geborg.

Die ministerie het die program in 1996 oorgeneem.

In 2020 het die Covid-19-pandemie en skole wat gesluit was, dié program tot stilstand geruk.

Sowat 330 000 leerlinge moes daagliks sonder ’n maaltyd gaan. Volgens die ministerie is die program ’n “reuseveiligheidsnet” vir huishoudings wat honger ervaar.

Dit is ook onder meer geïmplementeer om leerlinggetalle op te stoot en daaglikse bywoning te ondersteun, terwyl die konsentrasie en gesondheid van leerlinge verbeter word.

Die program fokus op graad 1- tot 7-leerlinge, terwyl skole wat hiervoor kwalifiseer in semidroë-streke geleë is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 35° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 23° | 34° Ruacana: 19° | 34° Tsumeb: 20° | 35° Otjiwarongo: 22° | 34° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 35° Henties Bay: 18° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:36, High tide: 12:59, Low Tide: 19:19, High tide: 01:45 Swakopmund: 17° | 18° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:34, High tide: 12:57, Low Tide: 19:17, High tide: 01:43 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 37km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:34, High tide: 12:56, Low Tide: 19:17, High tide: 01:42 Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 35° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 19° | 33° Ariamsvlei: 22° | 35° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 23° | 37° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 18° | 27° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 24° | 33° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 19° | 22° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 25° | 33° Lusaka: 17° | 24° Harare: 17° | 24° #VALUE! #VALUE!