Voltydse leerlinge sonder ID’s mág eksamen skryf
Leerlinge wat nie in besit van nasionale identiteitsdokumente (ID’s) is nie, het steeds toegang tot alternatiewe vorme van verifikasie om hulle in staat te stel om hul nasionale graad 11- en 12-eindeksamen af ??te lê.
Volgens die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, Sanet Steenkamp, ??kan voltydse kandidate sonder nasionale dokumente ’n verifikasie van identiteit-vorm gebruik.
Die bewys van identiteit is ’n vereiste vir vanjaar se Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat vir Gewone Vlak (NSSCO) vir graad 11 en die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat op Gevorderde Aanvullende vlak (NSSCAS) vir graad 12 se eksamens wat in November/Desember sal plaasvind.
Die opsie vir ’n verifikasie van identiteit-vorm is egter slegs beskikbaar vir voltydse kandidate en word deur die skool uitgereik.
Steenkamp het verder beklemtoon dat alle ander kandidate in besit van identifikasiedokumente moet wees om eksamenlokale te betree. Dit sluit in ’n oorspronklike nasionale ID, ’n geldige oorspronklike paspoort, ’n geldige oorspronklike bestuurslisensie, ’n oorspronklike kieserskaart of ’n leerlingkaart, wat deur skole aan voltydse kandidate uitgereik sal word.
Steenkamp het opgemerk dat identifikasie slegs aanvaar sal word indien dit die kandidaat se naam, geboortedatum of identiteitsnommer en ’n onlangse foto toon.
Sy het verder verduidelik dat die proses om ’n verifikasie van identiteit-vorm te bekom, voor die begin van die eksamens moet geskied.
Tydens die proses word daar van leerlinge verwag om een ??onlangse paspoortfoto van hulself in te handig en dit dan deur die skoolhoof te laat sertifiseer.
Hulle sal ook die vorm in die teenwoordigheid van die skoolhoof moet voltooi en die foto moet aanheg, het sy gesê.
Steenkamp het hoofde en personeel van onderrigsentrums versoek om hierdie inligting vroegtydig aan kandidate oor te dra sodat hulle hul identiteitsdokumente of -vorms voor die aanvang van die eksamen kan bekom.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie