Voorstelle vir verbeterde onderwys goedgekeur
Die kabinet het tien sleutel algemene voorstelle van die nasionale onderwyskonferensie vir implementering goedgekeur. Dit sluit in verbeterde toegang tot inklusiewe, gelyke onderrig, versnelde ontwikkeling van infrastruktuur vir onderrig, die evaluering en versterking van die leerplan vir beroepsgerigte onderwys, die versterking en uitbreiding van die geletterdheidsprogram vir familie's, sowel as die hervorming van onderrigprogramme om te voldoen aan die aanvraag wat die leerplan aan skole stel.
Onderwysers moet volgens die kabinetsbesluite ook voortdurend op professionele vlak ontwikkel word, die kuns-, kultuur- en kreatiewe sektore se potensiaal vir volhoubare ontwikkeling en lewenslange onderrig moet versterk word, digitale hervorming en onderrig moet uitgebrei word, terwyl finansiering vir onderwys versterk moet word.
Die kabinet het voorts in beginsel die Implementerings Aksieplan van die voorstelle van die onderwyskonferensie (NCE) goedgekeur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie