Vroeg begin, vroeg gewin

Fokus op weerlose, minderbevoorregte kinders
Namibië het 'n werklike behoefte aan vroeë kinderontwikkeling (ECD), met baie jong kinders in die land wat geen toegang daartoe het nie.
Henriette Lamprecht
Sy het ‘n passie vir lees en om haarself met kennis te bemagtig en wil weet hoe die dinge om haar werk. Haar droom is om in die Verenigde State van Amerika (VSA) haar nagraadse studies in lugvaart-ingenieurswese te voltooi en dan vir die Nasionale Lugvaart- en Ruimte-administrasie (NASA) te werk - net soos haar ouma se neef, wyle dr. Japie van Zyl wat Namibië se naam trots in die ruimte ingedra het. Buiten vir lees volg sy getrou Formule I en oefen om haar liggaam gesond te hou. Die 16-jarige Melanie van der Merwe, ‘n graad 11-leerling verbonde aan Gobabis Gimnasium, het egter ook ‘n droom verwesenlik om ‘n inisiatief van stapel te stuur wat behoeftige kinders toerus met die nodig vaardighede om goed toegerus hul formele skoolopleiding te begin.

Namibia Little Learners Initiative (NNLI) poog om jong kinders sleutel ontwikkelingsvaardighede soos onder meer kognitiewe vaardighede en syferkonsepte aan te leer wat hulle help om kritieke ontwikkelingsmylpale te behaal en beter voorbereid te wees wanneer hulle skool toe gaan.

Uit gesprekke met vriende en familie het Melanie besef daar is ‘n werklike behoefte aan vroeë kinderontwikkeling (ECD) in Namibië, met baie jong kinders in die land wat geen toegang daartoe het nie. Onderwys is van onskatbare waarde en die mees waardevolle bate waarin belê kan word, sê Melanie. Dit is ook die mees kosbare geskenk wat ons aan kinders kan gee.

Dit is miskien ‘n cliche, erken Melanie, maar ons kinders is ons toekoms en een van die paaie na 'n beter toekoms vir alle Namibiërs is om te belê in opvoeding.

“Ongelukkig maak die staat op dié stadium net formeel voorsiening vir onderrig vanaf laerskoolvlak (graad 1). Daar is 'n baie groot behoefte vir opvoeding en ontwikkeling voor daar met skool begin word.”

Ongelukkig, sê Melanie, besef baie ouers nie die belangrikheid van hierdie fase in 'n kind se ontwikkeling nie en veral in die veraf geleë landelike gebiede. Haar hoop is dat inisiatiewe en projekte soos NLLI die kollig daarop werp sodat dit hopelik later op regeringsvlak aangespreek kan word.

“Sonder onderrig maak baie deure vir ‘n mens toe - die kans op tersiêre onderrig en om ‘n goedbetaalde werk te kan kry of om net ‘n goed-funksionerende deel van die samelewing te wees,” verduidelik sy.

“Ek het opgemerk baie kinders in my gemeenskap woon nie ‘n pre-primêre skool by en het geen toegang tot enige vorm van vroeë kinderontwikkeling nie. Wanneer hulle met formele onderrig in graad 1 begin, het hulle ‘n duidelike agterstand teenoor dié wat dit wel gehad het.”

Dié kinders sukkel dikwels en raak agter omdat hulle nooit sekere sleutel ontwikkelingsmylpale behaal het nie. Volgens Melanie lei dit dikwels tot leergestremdhede wat deur hul skool- en werksloopbaan voortduur.

Volgens haar kan baie van die sleutelvaardighede deur middel van spel aan kinders geleer word as dit deel vorm ‘n gestruktureerde en goedbeplande leerplan onder die toesig van ‘n opgeleide versorger.

Melanie se NLLI-inisiatief verskaf bokse wat baie ontwikkelingspeletjies bevat wat kinders prettig vind en nie eers besef hulle is eintlik besig om te leer nie! Die inisiatief verskaf ook opleiding aan die versorgers sodat hulle presies weet hoe om die kinders te onderrig en die leerplan ten volle te implementeer.

“In die meeste dorpe en landelike nedersettings oraloor Namibië is daar meestal vroue wat jong, minderbevoorregte kinders in selfopgerigte sorgsentrums versorg. In die meeste gevalle het hierdie vroue geen formele opleiding en ook nie die finansiële vermoëns om toerusting aan te koop om aan hierdie kinders die regte en gestruktureerde vroeë kinderontwikkeling te gee wat hulle nodig het nie.”

Dië gaping word gevul deur Class out of a Box, die breinkind van die Namibiese entrepreneur en opvoeder Alida Hill. Alida as aan die stuur van verskeie dagsorg- en voorskoolse sentrum in Suid-Afrika en het die behoefte gesien vir ‘n produk wat op voorskoolse ontwikkeling vir minderbevoorregte kinders fokus. Die leerplan wat Alida ontwikkel het, maak gebruik van alledaagse huishoudelike items, handgemaakte kaarte en notas om die kinders te leer.

“Dit beteken daar is geen formele klaskamer nodig nie en versorgers kan op enige plek klasgee - van ‘n sitkamer tot ‘n sinkhuis tot ‘n boom!”

Die ‘klas-in-’n-boks’ het verskillende opvoedkundige items en leerplanne wat fokus op die ouderdomsgroep een tot twee, drie tot vier en vyf tot ses jaar. NLLI het ‘n aankoopooreenkoms met Alida wat intussen na Namibië teruggekeer het en die bokse aan die inisiatief voorsien.

“My doelwit met die projek is om minderbevoorregte en gemarginaliseerde kinders toegang tot ‘n gestruktureerde en beproefde leerplan te gee wat fokus op vroeë kinderontwikkeling en sodoende hul kanse op ‘n suksesvolle, formele skoolloopbaan en hopelik ook tersiêre onderrig te verbeter.”

NLLI het hande gevat met die bekende plaaslike welsynsorganisasie Light for the Children-stigting wat reeds die afgelope 12 jaar aktief betrokke in die Gobabis-gemeenskap en ook ander gebiede in die onderrig en versorging van weerlose kinders is. NLLI het ‘n memorandum van verstandhouding met die stigting onderteken wat bepaal dat dit ‘n inisiatief binne die breër raamwerk van die stigting is en as sulks bestuur sal word.

Die eerste bokse is reeds in Epako aan vier pre-primêre skole naamlik Vita-Min, Val-en-Opstaan, Good Hope en Buitepos oorhandig. Gesamentlik word hier daagliks na tussen 80 tot 100 kinders omgesien. Elke dagskool het twee bokse gekry - een vir drie tot vier jaar en een vir vyf tot ses jaar. Versorgers by die dagskole het vooraf opleiding van Alida ontvang oor hoe om die leerplan toe te pas en die opvoedkundige items in die boks te gebruik. Drie onderwysers van die Light of the Children-skool het ook die opleiding van vyf ure bygewoon met die doel dat hulle weer op hul beurt toekomstige ontvangers van die bokse kan oplei. Die oorhandiging van die bokse is buiten deur beamptes van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, ook deur Gobabis se burgemeester Melba Tjozongoro, Omaheke se goewerneur, Pijoo Nganat asook deur Gobabis Toyota se uitvoerende Tati Kamule en Stefan Botes bygewoon wat NLLI se grootste borg is.

“Sonder borge is hierdie initiatief nie moontlik nie en ek wil graag my uiterste dankbaarheid uitspreek teenoor die eienaars van Gobabis Toyota, Theo en Jaco Redelinghuys, vir hierdie baie groot borgskap van N$62,000!”

Melanie se droom is dat die Class out of a Box-leerplan en bokse aan behoeftige mense en instellings oraloor in die land verskaf kan word.

"Daar is werklik so baie kinders en plekkies wat 'n behoefte hieraan het en so baie kinders se lewens wat ek op 'n positiewe wyse kan aanraak.” Vir meer inligting en om betrokke te raak, stuur ‘n epos aan [email protected]. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford English Championship: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A