Foto verskaf
Foto verskaf

Wees deel van opwindende taalinisiatief

Yandi Du Plessis
Die Afrikaanse Wikipedia-span uit Suid-Afrika sal Windhoek vandeesmaand besoek om Namibiërs bekend te stel aan die Afrikaanse weergawe van hierdie aanlyn ensiklopedie en om vrywilligers op te lei om artikels te kan skep op dié platform.

Die Afrikaanse Wikipedia is die Afrikaanse weergawe van dié gratis aanlyn ensiklopedie wat wêreldwyd deur vrywilligers in hul moedertale geskep word. Wikipedia is tans in 332 tale beskikbaar.

Die Afrikaanse Wikipedia groei sterk en is op die oomblik die grootste Wikipedia op die Afrika-vasteland, met meer as 107 000 berigte wat dit in die 69ste plek op die wêreldranglys plaas. Boonop is daar maandeliks tussen 10 en 12 miljoen bladtrekke op dié Wikipedia.

Hierdie statistiek is merkwaardig juis omdat die Afrikaanse Wikipedia deur vrywilligers bedryf en bestuur word. Dié Wikipedia is ook ‘n belangrike hulpbron in die bevordering van Afrikaans as ‘n wetenskaptaal. Dit is waarom die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns verlede jaar onderneem het om ‘n fisieke tuiste vir die Afrikaanse Wikipedia te bied.

Die direkteur van die Afrikaanse Wikipedia, Deon Steyn, sal by 'n geleentheid op Donderdag 27 April meer deel oor Wikipedia se doen en late. Hy sal graag belangstellendes touwys wou maak oor hoe om ‘n vrywilliger te word en hoe om berigte te skep of by te dra tot bestaande artikels op die Afrikaanse Wikipedia.

Kom gerus om meer uit vind en om te help om hierdie belangrike Afrikaanse kennishulpbron uit te brei.

Netwerk Namibië is die Afrikaanse Wikipedia se gasheer vir dié besoek.

RSVP teen 20 April 2022 by [email protected] vir meer besonderhede.

Kommentaar

Republikein 2025-01-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 22° | 37° Oshakati: 24° | 36° Ruacana: 20° | 37° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 21° | 34° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 16° | 30° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 26° Lubumbashi: 17° | 28° Mbabane: 17° | 23° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 18° | 24° Lilongwe: 19° | 31° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!