Women in Media skenk skoene

Kenya Kambowe
Women in Media met die ondersteuning van Rössing Uranium, Pupkewitz Automark, Blush Foundation, Multichoice Namibia en Namib Mills het skoolskoene aan die Sekondêre Skool Tsumkwe oorhandig.

Sanitêre doekies en mieliemeel is ook aan sommige gemeenskapslede op Tsumkwe oorhandig.

Women in Media se stigters Limba Mupetami en Jemima Beukes het hul dank teenoor die borge uitgespreek en beklemtoon samewerking is die sleutel tot suksesvolle projekte.

Mupetami het na die organisasie se suksesvolle uitreik in Januarie verwys waartydens skooluniforms, sanitêre items en ook kos aan leerlinge oorhandig is. Volgens haar is die onlangse skenking van skoolskoene danksy die ondersteuning van die borge die vervulling van ’n belofte wat in Januarie gemaak is.

“Ons is ’n niewinsgewende organisasie wat geleenthede, mentorskap en uitreikprogramme aanbied. Ons is op soek na finansiering vir klein projekte en vra vir items wat deur leerlinge en gemeenskappe benodig word,” het Mupetami verduidelik.

“Ons doel is om kinders te help om in ’n beter toestand skool toe te kan gaan. Sonder borge sal ons pogings onmoontlik wees. Rössing het die skoolskoene gekoop, Pupkewitz het die vervoer vir ons reis van 1 200 kilometer verskaf, Blush Foundation die sanitêre items, Namib Mills die voedselprodukte en MultiChoice het die logistiek gefinansier.

“Elkeen se bydrae het ’n verskil gemaak en ons is dankbaar vir hul ondersteuning," het Beukes op haar beurt gesê.

“Daar is altyd ’n behoefte aan sanitêre doekies, want vroue menstrueer elke maand. Selfs werkende vroue het dikwels nie geld vir doekies nie, wat van ’n skoolmeisie? “Namibiërs moet help om enige struikelblokke uit die weg te ruim wat ’n kind uit die skool hou. Onderrig is ’n reg, nie ’n voorreg nie en saam moet ons verseker dat geen kind weens ’n gebrek aan basiese noodsaaklikhede agtergelaat word nie,” het Beukes gemaan.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!