12-jarige sit ure in wrak vas
Grootfontein se nooddienste skitter in hul afwesigheid
Nadat hulle in ʼn ongeluk betrokke was, moes ʼn ma en seun hoor daar is nie hulp beskikbaar nie aangesien die brandweer se reddingskake glo gesteel is, en beide die staatshospitaal se ambulanse stukkend is.
Die 12-jarige Peter Denk van Windhoek was Sondag vir sowat twee ure lank in die wrak van ʼn voertuig vasgekeer nadat hy en sy ma in ʼn motorongeluk betrokke was.
Nie Grootfontein se brandweer óf ʼn staatsambulans kon hom help nie.
Dit is glo omdat die dorp se brandweer se reddingskake gesteel is, terwyl beide die staatshospitaal se ambulanse buite werking is.
Peter is ure later deur hulpvaardige verbygangers bevry en is op die voorste sitplek van ʼn pasiëntebussie na die staatshospitaal op Grootfontein geneem.
Dit volg nadat mnr. Sean Naudé van die Namibian Marshall Rangers die hospitaal oorreed het om die bussie en verpleegsters na die ongelukstoneel te stuur, terwyl geen ander ambulans beskikbaar was nie.
Die Denk’s was sowat 65 km buite Grootfontein in die rigting van Rundu in ʼn motorongeluk betrokke nadat hul voertuig se linkerwiel uitgeval het.
Peter se ma, Anneli, kon ongedeerd uit die voertuig kom, maar haar seun was op die voorste passasiersitplek vasgepen.
Peter wat net geringe beserings opgedoen het, is gister uit die hospitaal ontslaan, het sy ma aan Republikein gesê.
Intussen het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste bevestig die Grootfontein-staatshospitaal se twee ambulanse is nie in ʼn werkende toestand nie.
Die ministerie se woordvoerder, mnr. Walters Kamaya, het gesê die
Namibiese weermag op die dorp en ander privaat ambulansdienste ondersteun die hospitaal, terwyl die hospitaal “oor ander voertuie soos Quantum-bussies beskik, wat nie ambulanse is nie”.
BRANDWEER
Naudé sê ten spyte van talle probeerslae, kon hulle ook nie daarin slaag om die brandweer se hulp te kry nie.
“Die seun se nek, kop en been was moontlik beseer, hy kon nie beweeg word nie. Verbygangers het gesukkel om die motor oop te breek, want Grootfontein se brandweer kon nie kom help nie aangesien hul reddingskake glo gesteel is,” het Naudé gister aan Republikein gesê.
“Ons het gebel en gebel. Ek het ʼn plaasboer gestuur om na die brandweer toe te ry. Hulle kon nie die bestuurder opspoor nie. Die brandweer het eindelik nooit eens opgedaag nie,” het hy gesê en bygevoeg die ongeluk het boonop ʼn brand veroorsaak, maar dat dit vinnig deur boere in die omgewing geblus is.
“Daar is net geen diens nie en Grootfontein is ʼn deurgang na baie plekke in ons land,” het hy bygevoeg.
Die woordvoerder van Grootfontein se munisipaliteit, mnr. Luke Salamo, het gister aan Republikein gesê soos hy dit verstaan, het die polisie Sondag die brandweer ingelig dat hul dienste nie op die toneel nodig is nie. Hy kon nie bevestig of die reddingskake gesteel is nie. Salamo het gesê hy sou nog verder met die betrokkenes hieroor kommunikeer. Hy het ook bevestig dat iemand van Grootfontein se brandweer elke naweek aan diens en beskikbaar is, volgens ʼn vooraf uitgewerkte diensrooster.
Salamo het ook gesê hy sal terugvoering gee nadat hulle gister ʼn vergadering oor die aangeleentheid sou hou.
Naudé sê hy was ure lank met mnr. Simon Raines van Windhoek, een van die verbygangers wat hulp verleen het en gehelp het om die voertuig oop te breek, op die foon.
“Raines was die hele tyd daar. Hulle kon ook nie enige ambulans vind om Peter te help nie.”
Naudé kon uiteindelik die staatshospitaal oorreed om ʼn bussie met verpleegpersoneel na die toneel te stuur.
SAMARITAAN
Raines het gister aan Republikein gesê hy en ʼn kollega was Sondag op pad Rundu toe vir werk toe hulle op die ongeluk afgekom het. Hulle was van die eerstes op die toneel en het dadelik oproepe begin maak – onder meer na die Namibiese Padongelukfonds (MVAF).
Hulle was op die ou einde twee tot drie ure lank op die toneel, waar hulle gesukkel het om die nodige hulp te kry.
“Ek het ook telefoonnommers van Grootfontein se staatshospitaal en die brandweer op die internet gesoek, maar die nommers wat verskaf word, tel niemand op nie,” het Raines gesê.
“Ons het gesukkel, ek het later op Facebook-groepe gevra of enige iemand nie noodnommers vir hier naby het nie, want niemand tel op nie.”
“Die Here was seker by ons op die pad. Ons het seker ʼn uur lank daar gesit, toe ʼn paramedikus op die toneel gestop het,” het hy gesê.
“Hy kon die seun stabiliseer.”
Hy sê hy het toe ʼn privaat ambulansdiens gebel, maar hulle ambulanse was reeds almal besig.
“Dit was ‘n gesukkel om enige een in die hande te kry, terwyl ons terselfdertyd probeer het om die voertuig se deure oop te kry. Ons het dit eindelik reggekry,” het hy bygevoeg.
“Dit was maar ʼn poging om self iets te doen, want ons kry nie hulp nie.”
Hy sê hy is bly die staatshospitaal het eindelik met ʼn bussie opgedaag, al moes die seun regop op die voorste passasiersitplek hospitaal toe vervoer word.
Die MVAF het daarna ’n E-Med-ambulans gestuur wat nóg twee ure sou neem om die toneel te bereik. Raines het egter gemeen dit is beter dat die kind so gou as moontlik by die hospitaal vir behandeling uitkom.
VINNIG
Anneli sê sy en haar seun was vanaf Windhoek op pad Zambië toe om die voertuig na die buurland vir ʼn toerisme-onderneming te neem, toe die ongeluk plaasgevind het. Sy sê hy het saamgekom omdat dit nou skoolvakansie was en hulle op pad terug ook by die Victoria-valle wou stop.
“Dit het so vinnig gebeur, die linkerwiel het uitgeval en die motor het twee of drie keer gerol.”
“Peter het gekla sy kop is seer en hy nie sy tone kon voel nie. Ons het nie geweet wat die aard van sy beserings was nie en kon hom dus nie beweeg nie,” het sy gesê.
“’n Mens raak paniekerig. Dink net as een van ons ernstig gebloei het of ʼn ander ernstige besering gehad het, wat dan? Dit het minstens ʼn uur en ’n half geneem voor ons enige mediese hulp kon kry,” het sy gesê.
“Die dokter het gisteraand na sy X-strale gekyk en hy is tevrede . . . Peter is uit die hospitaal ontslaan,” het sy gister verlig aan Republikein gesê.
Sy vrees egter wat sou gebeur het as een van hulle meer ernstig beseer was.
Sy vertel die hele voorval het dit duidelik gemaak die hospitaalpersoneel het hul bes probeer doen met die min hulpbronne tot hul beskikking.
“Hul hande is regtig vasgebind en hulle beskik net nie oor die nodige hulpbronne nie. Hulle het ons egter wonderlik, vriendelik en hulpvaardig hanteer,” het sy gesê.
Sy is ook ontsettend dankbaar vir al die mediese personeel en alle ander helpers langs die pad, wat hul huise en harte vir hulle oopgemaak het, sê sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie