15 dood in twee padongelukke
Die Namibiese polisie (Nampol) het gister bevestig dat nege mense Sondagaand omstreeks 22:30 op die B1-pad tussen Mariental en Gibeon dood is tydens ’n ongeluk waarby verskeie voertuie betrokke was, terwyl nog ses in ’n kop-aan-kop-botsing in die Zambezistreek dood is.
Luidens ’n polisieverslag het ’n wit Iveco-bus met 23 passasiers aan boord in die linkerbaan inbeweeg toe die bestuurder ’n Scania-vragmotor opgemerk het wat van die teenoorgestelde rigting nader en in hul baan ry. Die Iveco-bus het na bewering na die kant geswaai en daarna van die pad afgery en omgeslaan. Volgens die polisie is een passasier in die Iveco-bus in die ongeluk dood.
Die vragmotor het glo vorentoe gery en trompop gebots met ’n Ford Bantam wat agter die Iveco-bus gery het. Die Bantam het na bewering agt passasiers aan boord gehad en het aan die brand geslaan. Al agt passasiers is volgens die polisie in die brand dood.
Die 23 passasiers wat in die ongeluk beseer is, is na die Mariental-hospitaal geneem vir behandeling. Die vragmotorbestuurder het glo nie ernstige beserings opgedoen nie en is in die Mariental-hospitaal opgeneem. Die bestuurder van die Iveco-voertuig is glo ongedeerd. Die polisieondersoek na die ongeluk duur voort.
BOTSING
Ses mense is Sondagoggend dood in ’n trompop botsing tussen twee voertuie in die Zambezistreek.
Die Kongola-kiesafdelingsraadslid Bennett Likukela Busihu het een van die voertuie bestuur en het sy vrou in die ongeluk verloor. Busihu, wat die Kongola-posisie as ’n onafhanklike kandidaat gewen het en as ’n parlementslid in die Nasionale Raad dien, was volgens ’n polisieverslag in ’n kritieke toestand.
Ander insittendes in sy voertuig, sy 11 maande oue seuntjie, ’n kinderoppasser en ’n 20-jarige man het ernstige beserings opgedoen. Al vyf insittendes van die ander voertuig is dood. Dit sluit twee Angolese burgers en ’n Zimbabwiër in, maar die nasionaliteite van die ander oorledenes is nie bekend gemaak nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie