Agt mense sterf op paaie
Vragmotor vol houtskool slaan om
Die Namibiese polisie (Nampol) het reeds aan die begin van die feesseisoen verskeie motorongelukke op die paaie aangemeld.
Agt mense het die afgelope naweek in motorongelukke gesterf, volgens Nampol se misdaadverslag.
* Die 21-jarige bestuurder van ’n bakkie met ongeveer 27 passasiers het Donderdag omstreeks 18:10 beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan. Die ongeluk het op die hoofpad tussen Nkurenkuru en Rundu naby die Tondoro-nedersetting plaasgevind. Magreth Kangumbe (16) en Markus Kangumbe (ouderdom onbekend) is op die toneel dood. Die ander passasiers, insluitend die bestuurder, is met ligte en ernstige beserings in die Nkurenkuru-distrikshospitaal opgeneem.
* ’n Vragmotor van Avbob – met ’n Suid-Afrikaanse bestuurder – was Donderdag omstreeks 13:09 op die B1-pad in ’n trompop botsing met ’n sedanvoertuig betrokke. Die ongeluk het tussen die Aris-weegbrug en die Omeya-landgoed plaasgevind. Loraine Brink is op die toneel aan haar beserings dood.
* Die 25-jarige Henok Fredrick en die 31-jarige Werner Endjala is Vrydag omstreeks 21:30 in ’n motorongeluk dood. Die bestuurder het na bewering beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan. Nog twee passasiers is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. Die ongeluk het op die Ompumbu-Okatana-pad in die Oshanastreek plaasgevind.
* Simon Shipanga (26) is op die pad tussen Onalulago en Epembe in ’n motorongeluk dood nadat die voertuig omgeslaan net. Twee passasiers is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.
* ’n Vragmotor vol houtskool het Sondag omstreeks 07:00 op die B2-roete tussen Arandis en Swakopmund die pad verlaat en op sy dak te lande gekom. Dit nadat die bestuurder vermoedelik aan die slaap geraak het. Volgens die misdaadverslag is beide die 31-jarige bestuurder, Martin Hamukwaya en sy 36-jarige passasier, Ismael Hamunyela, op die ongelukstoneel dood. Die vragmotor met ’n Walvisbaaise registrasienommer het glo in die rigting van Swakopmund gery. Die insittendes was na bewering in die vragmotor vasgekeer. Hul liggame is na die lykshuis by die Swakopmundse staatshospitaal geneem, waar nadoodse ondersoeke uitgevoer sal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie